×
Skakel na Engels

10 streng reëls van die koninklike familie wat Meghan Markle sal moet volg

Die Windsors heg baie waarde aan alledaagse etiket
koninklike familie

Van ’n spesifieke dieet tot kleredrag, die wêreld se familie wat die meeste dopgehou word, het meer reëls as wat jy dalk sou verwag. Hier is ’n paar vreemde en streng tradisies wat die Britse koninklike familie (min of meer) verwag word om te volg. En Meghan Markle sal dit binnekort ook moet doen.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

#1 Niemand mag eet nadat die koningin haar maaltyd klaar genuttig het nie

Wanneer hulle as familie saam eet, moet almal ophou eet nadat die koningin haar laaste happie geneem het.

#2 Daar word gefrons oof liefderikheid in die openbaar, veral op reise

Die koninklike familie hou selfs nie eens hande vas nie.

#3 Daar word van lede van die koninklike familie verwag om verskeie tale aan te leer

Gelukkig het Meghan danksy haar werk by die Amerikaanse ambassade in Buenos Aires nadat sy gegradueer het haar Argentynse Spaans vervolmaak.

#4 Wanneer koninklikes oorsee reis, word van hulle verwag om ’n swart uitrusting in te pak

Elke familielid moet voorbereid wees met ’n uitrusting geskik vir ’n begrafnis in geval van ’n skielike sterfte. 

#5 Die familie mag nie handtekeninge uitdeel of selfies neem nie

Moenie eens daaraan dink om hulle met daai selfiestokkie te nader nie! Dit sal Meghan dalk ’n rukkie neem om aan hierdie reël gewoond te raak.

#6 Die familie mag nie skulpvis eet nie

Skulpvis is verbode vir die familie, veral omdat dit meer geneig is om voedselvergiftiging te veroorsaak as enige ander kos. 

#7 Die koninklike familie maak nie op Kersdag geskenke oop nie

Pleks van geskenke op Kersdag oop te maak, ruil die koninklike familie op Oukersaand geskenke uit.

#8 Jy mag nie jou rug op die koningin draai nie

Nadat ’n gesprek met die koningin geëindig het, moet sy eerste vertrek – niemand mag hul rug op haar draai nie. 

#9 Koninklike vroue mag nie hul borsgleufie wys nie

Diana het haar palmsakkies gebruik om haar borsgleufie te verberg wanneer sy uit ’n motor geklim het.

#10 Hoe jy ’n teekoppie vashou, is baie belangrik

Koninklikes knyp die teekoppie se oor met hul wysvinger en duim vas, met hul middelvinger aan die onderkant.

Van: Good Housekeeping US

FOTO: 

LEES OOK:

Die WARE rede hoekom prinses Diana altyd palmsakkes gedra het 

’n Liggaamstaalkenner verklap 7 interessante dinge van Meghan en Harry se verhouding

Hier is ‘n paar van die vrae wat Meghan Markle in haar burgerskaptoets sal moet beantwoord

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Daar’s ’n waglys van 1 000 mense vir HIERDIE handsak

En dis alles danksy Meghan Markle ... Deur Hanna Ibraheem

Close