×
Skakel na Engels

10 slim planne met eierdoppe

Moenie daardie eierdoppe weggooi nie! Hulle is amper so veelsydig en bruikbaar soos die eiers self. | DEUR JEFF YEAGER

 

 

 

 

 

 

1. Voeg hulle by jou komposhoop

Eierdoppe verrot vinnig en in die proses  voeg dit waardevolle kalsium en ander minerale tot die grond by.

 

2. Beheer plae in jou tuin

Strooi gebreekte eierdoppe rondom jou plante en blomme om te help om plantvretende slakke, naakslakke en snywurms sonder plaagdoders weg te hou.

 

3. Versoet koffie

Voeg eierdoppe by die gemaalde koffie in die filter en jou oggendkoffie sal nie so bitter wees nie. Gooi die filter, koffiemoer en doppe agterna in jou komposdrom.

 

4. Ekovriendelike skoonmaakmiddels

Skud gebreekte eierdoppe en ’n bietjie seepwater in houers soos koffieflesse en blompotte wat moeilik is om skoon te maak. Gebreekte eierdoppe kan ook gebruik word as ’n nie-giftige skuurmiddel op potte en panne.

 

5. Uitstekende saailinghouers

Vul bio-afbreekbare eierdophelftes met potgrond om saailinge vir jou tuin te kweek. ’n Eierkartonhouer op die vensterbank is die ideale manier om ’n dosyn tamatiesaailinge in eierdoppe te laat groei voor hulle in die tuin uitgeplant word.

 

6. Raak kreatief

Blaas die binnekant van ’n rou eier uit en verf/versier die leë dop vir Faberge-eiers of ander kunsvlytprojekte. Eierdopstukkies (net so of gekleur) kan ook gebruik word in mosaïekprojekte. Kyk na hierdie videolesing oor hoe om eiers uit te blaas.

 

7. Slim sjokoladevorms

Vul leë, uitgeblaasde eierdoppe met sjokolade om unieke eiervormige bederfies te maak. Skil die eierdopvorm weg net voor dit bedien word of bedien net so en laat jou gaste wonder oor wat binne-in is.

 

8. Natuurlike dreinskoonmaker

Hou te alle tye ’n klompie gebreekte eierdoppe in jou kombuiswasbak se dreineerder. Hulle vang ekstra stukkies vas en breek geleidelik af en maak dan sommer jou pype op ’n natuurlike manier skoon op pad af na die drein toe.

 

9. Behandel velirritasies

Los ’n eierdop in ’n klein botteltjie vol appelasyn op (dit neem so drie dae) en gebruik die mengsel om minder ernstige velirritasies en ’n jeukerige vel te behandel.

 

10. Eier op die gesig

Verpoeier droë eierdoppe met ’n stamper en vysel, klits die poeier by ’n eierwit en gebruik vir ’n gesonde gesigbehandeling wat die vel fermer maak. Laat die masker droog word voor jy dit afspoel.

 

 

Hierdie artikel het oorspronklik op goodhousekeeping.com verskyn.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Consol-uitverkoping

Die warmer weer beteken jy gaan meer buite onthaal. GH se senior leefstylskrywer, Leah van Deventer, wys hoe jy jou...

Close