×
Skakel na Engels

10 redes hoekom ons #GHVeryMerry-middagete die geleentheid van die jaar was!

Ons #GHVeryMerry-geleentheid was beslis ‘n hoogtepunt van 2015! Jy sal saamstem wanneer jy dié video kyk.

  • Gaste het ons fantastiese Desember-voorbladster, Suzelle DIY, ontmoet en kon ’n Suzelfie saam met haar neem.
  • Suzelle se demonstrasie was ongelooflik. Wie sou kon raai dat jy jou boor en klitser vir ’n superklopper kan gebruik?!
  • Die tweegangmiddagete was heerlik – bo en behalwe al die happies wat Lancewood en Sasko verskaf het voordat ons gaan sit het! Plus daar was wonderlike vonkelwyn en wyn van KWV.
  • Die gaste het wonderlike kookwenke en -kortpaaie van ons stersjefs, Claire Allen en Mokgadi Itsweng, gekry.
  • Mr Price Home het ons inspirerende en bekostigbare tafelversieringsidees en neigings gewys.
  • Voor die geleentheid is lesers by die borge se pragtige stalletjies vermaak – dankie, Lancewood, Sasko, Glad, Mr Price Home en AMC.
  • Die gaste het ’n fantastiese R19 130 vir Kaleidoscope – voorheen die Instituut vir Blindes – ingesamel deur lotingkaartjies te koop.
  • Hein Wagner, Kaleidoscope se handelsmerkambassadeur, het ons met ’n opbeurende en inspirerende praatjie vermaak.
  • Benefit Cosmetics het ’n grimeeropknappingstalletjie gehad om te verseker dat almal fantasties gelyk het!
  • Gaste is huis toe met wonderlike bederfartikels, waaronder lotingpryse en twee geskenksakke vol produkte.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Groot Kersuitverkoping

Kry al jou Kersgeskenke op Game se uitverkoping. Deur Leah van Deventer

Close