×
Skakel na Engels

10 noodsaaklike vrae voordat jy ’n tweedehandse motor koop

Vra hierdie vrae voordat jy ’n aanbod maak
tweedehandse

Dis maklik om so in vervoering te raak oor die vooruitsig van ’n motor dat jy vergeet om ’n paar belangrike goed te vra. Om van hierdie dinge seker te maak sal keer dat jy ’n kat in die sak koop en jou op lang termyn baie tyd en geld spaar.

  1. Wat is die kilometers, jaar en model van die motor?
  2. Is die motor deur die AA ondersoek om te verseker dit het geen ernstige probleme nie? (Was dit in ’n ongeluk?)
  3. Is die verkoopspersoon bereid om jou met die vorige eienaar te laat praat? Dié wat hul sout werd is, sal nie ’n probleem daarmee hê nie.
  4. Het jy jou huiswerk oor die handelaar gedoen? ’n Betroubare en geakkrediteerde handelaar sal al die nodige verwysings verskaf.
  5. Is daar nog ’n waarborg of diensplan op die motor?
  6. Het jy gevra – of eerder gekyk – of die motor ’n ekstra sleutel en ’n reserweband en ander noodsaaklike bykomstighede het?
  7. Is die motor al ooit oorgeverf? Hoekom?
  8. Hoekom het die eienaar die motor verkoop?
  9. Is die prys van die motor enigsins onderhandelbaar?
  10. Is die motor se diensboekie beskikbaar? Wees skepties as dit nié is nie!

Lees ook: 8 motorveiligheidstoetse wat jy moet doen voordat jy die langpad vat

Hoewel dit uiteraard beter vir jou begroting sal wees om ’n tweedehandse motor eerder as ’n nuwe een te koop, is dit belangriklik om die bostaande vrae te vra om te verseker dat jy die beste waarde vir jou geld kry. Hou jou opsies oop deur ’n kortlys van gewenste motors op te stel wat in jou prysklas val en hou dit in gedagte wanneer jy vir ’n motor soek.

Foto: iStock/BrianAJackson

Lees ook:

Wat kan prettiger wees as saamryklub-karaoke met die presidentsvrou?

15 noodsaaklike artikels om in jou kar te hou

6 wenke om jou motor te verkoop

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Maak korte mette met parallelle parkering

Sukkel jy met parallelle parkering? Verbeter jou vaardighede met ons maklike stap-vir-stap-gids

Close