×
Skakel na Engels

10 maniere om van weeluise ontslae te raak

Slaap gerus met die wete dat geen goggas jou bed met jou deel nie!
weeluise

Weeluise versprei deur in klere, bagasie en ander besittings weg te kruip en só in jou huis te beland wanneer jy van die winkels, kantoor of skool by die huis kom.

 

Moenie dink ’n skoon huis maak jou immuun teen weeluise nie – hulle is net so gelukkig in skoon én vuil huise, en is selfs al in splinternuwe matrasse aangetref.

Hier is 10 wenke om van weeluise ontslae te raak:

  1. Maak die weeluise se wegkruipplekke skoon: Was beddegoed, gordyne en klere op die warmste siklus moontlik en maak dit op die hoë verstelling in die tuimeldroër droog vir minstens 30 minute.
  1. Enige iets wat nie gewas kan word nie, soos skoene of opgestopte speelgoeddiere, kan in ’n kussingsloop geplaas en vir minstens 30 minute op hoog getuimeldroog word.
  1. Skrop die aangetaste matras droog met ’n stywe borsel, ook in die nate, om weeluise en hul eiers te verwyder.
  1. Gaan die bedbasis na en lig die materiaalbedekking op om seker te maak dat goggas nie in die houtraam leef nie.
  1. Stofsuig die matras, basisstel en mat deeglik. Gooi die inhoud van die stofsuier in ’n verseëlde sak in jou buitenste vullisdrom weg.
  1. Gaan die res van die aangetaste vertrek versigtig na. Weeluise is daarvoor bekend dat hulle in en onder bedkassies, in bedlampe, onder matte en in muurproppe skuil. Hulle kan dalk ook na jou kaste toe versprei het.
  1. Trek matrasse met ’n weeluisoortreksel oor, soos die BugLock® Plus-matrasoortreksel van Protect-A-Bed®, om enige goggas in die matras dood te maak en toekomstige besmetting te keer. Die BugLock® Plus-matrasoortreksel gebruik ’n gepatenteerde driekantige ritsstelsel om die hele matras in ’n ondeurdringbare versperring te omhul wat verseker dat goggas nie die matras kan verlaat om kos te soek nie, en nuwe weeluise kan nie inkom om te broei nie. ’n Matrasoortreksel moet vir minstens ’n jaar ná ’n besmetting aangelos word om te verseker dat enige talmende insekte dood is, want weeluisie kan verskeie maande sonder kos oorleef.
  1. Herstel enige krake in die mure en vul gapings rondom vloerlyste om minder plek te laat waar weeluise kan wegkruip. Verwyder ook onnodige goed in die vertrek, veral onder die bed, om dieselfde rede.
  1. Algehele uitroeiing van weeluise vereis gewoonlik behandeling met ’n insekdoder. As jy dit self gaan doen, gebruik net produkte wat spesifiek vir die uitroeiing van weeluise gemaak is, of vir gebruik op beddegoed en matrasse. Volg altyd die veiligheidsinstruksies noukeurig.
  1. As selfdoenmaatreëls nie werk nie, kontak ’n plaagbeheermaatskappy om jou huis van die plaag te verlos.

Besoek www.protectabed.co.za/products vir nog inligting oor die BugLock® Plus-matrasoortreksel of om ander produkte in die Protect-A-Bed®-reeks te besigtig. Die webwerf het ook inligting oor waar jy Protect-A-Bed®-produkte kan koop.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
7 kosse om beter te slaap

Ly jy aan slaaploosheid of sukkel met rustelose nagte? Hierdie kosse kan jou help om ’n beter nagrus te kry

Close