×
Skakel na Engels

10 maniere om te keer dat jy in die vakansie gewig optel

Hê dié vakansie die maksimum pret en beperk gewigstoename tot die minimum Deur Sari Harrar

1. Maak tyd vir oefening

Doen ’n 15-tot-20-minute-intervalroetine (wissel byvoorbeeld draf en stap af). Dit neem min tyd in beslag en kan kilojouleverbranding vir ure aanhelp.

 

2. Brandstof voor ’n geleentheid

Eet ’n mengsel van 1 koppie vetvrye springmielies, 18 pistasieneute en 1 eetlepel droë bosbessies voor jy by die deur uitgaan. Die proteïen en vesel sal keer dat jy nie so honger raak nie.

3. Giggel!

Maak jou oë toe, glimlag en maak laggeluide vir een minuut. Dit voel laf, maar dit stimuleer goedvoel-breinchemikalieë wat kan ’n emosionele etery kan help keer.

 

4. Sê nee vir tweede porsies

Weerstaan versoekings. Raak met elke vinger aan jou duim, een op ’n keer, terwyl jy (stilweg) sê: Dit. Doen. Ek. Vir. Myself.

 

5. Geniet elke happie

Sit jou vurk of lepel ná elke happie neer en kou 20 keer. As jy stadig eet, kan jy tot 10% minder kilojoules inneem.

 

6. Bedek dit

By ’n buffet-ete, kies wat jy wil eet en bedek dan jou bord met ’n servet (of nog ’n bord) om die boodskap aan jou brein oor te dra dat jy klaar gekies het.

 

7. Eers eet … dan wyn

Hou enige drankies tot ná ete. Wanneer jy kos in jou maag het, vertraag dit alkoholabsorpsie, wat die ooretery kan keer wat juis deur drank aangevuur word. En kies wyn – dis ’n slanker keuse as ’n vrugte-skemerkelkie of ’n bier.

 

8. Keer opgeblaasdheid

Kaliumryke kos help om pofferigheid te verminder wat deur soutige partytjiekosse veroorsaak word. Raak ontslae van oortollige water en herset die oggend daarna met ’n spinasie-en-sampioen-omelet en vrugte.

 

9. Ruim ekstra gimtyd in

Voeg elke week ’n paar ekstra oefensessies by om vir vakansie-oordaad te kompenseer. Oefening sal jou ook help om beter te slaap en minder te stres, wat albei belangrik vir gewigsbeheer is.

 

10. Hou die fokus op pret …

… en weg van kos. Sing saam Kersliedjies, kyk deur familiefotoalbums of dans heelaand.

 

 

Dié artikel het oorspronklik op GoodHousekeeping.com

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Whisky-geskenkpakke

Is jy op soek na ’n wonderlike Kersgeskenkidee? Whiskyliefhebbers sal mal wees oor ’n geskenkpak van Bain’s Cape Mountain Whisky...

Close