×
Skakel na Engels

10 maniere om jou swangerskap op sosiale media aan te kondig

Soveel inspirasie!
swangerskap

1. Betrek die kinders

As dit nie jou eerste kind is nie, is dit ’n wonderlike idee om jou ouer kinders by die aankondiging te betrek sodat hulle nie uitgesluit voel nie. Julle sal ook ’n mooi herinnering skep vir wanneer die kinders ouer is, én jy kan sê dat dit hulle eerste foto saam met hulle nuwe boetie of sussie is. Die Amerikaanse aktrise Olivia Wilde het so ’n aankondiging gedoen toe sy haar tweede kind by haar verloofde, die akteur Jason Sudeikis, verwag het. Te oulik!

 

Matching baby bumps. ✌️

A post shared by Olivia Wilde (@oliviawilde) on

2. Plaas die sonogram

As jy nog nie ’n magie het nie, maar nie kan wag om die aankondiging te maak nie, is ’n foto van die sonogram ’n oulike opsie. Dit is ’n wonderlike en intieme manier om die goeie nuus met die wêreld te deel. Jy en jou maat kan dit saam doen deur elkeen ’n hoek van die foto vas te hou en albei in die liefde te deel. Die Amerikaanse televisiepersoonlikheid Lauren Conrad het dit gedoen toe sy haar en haar man, die musikant William Tell, se kleinding vroeg in 2017 verwag het.

 

Happy New Year! I have a feeling 2017 is going to be the best year yet…

A post shared by Lauren Conrad (@laurenconrad) on

3. Gaan voluit met ’n fotosessie

As jy graag die middelpunt van belangstelling is en ’n voorliefde vir die dramatiese het, is dit ’n goeie idee om te wag totdat jy ’n behoorlike magie het voordat jy die nuus deel. Reël ’n professionele fotosessie en verklap julle geheim aan die wêreld met ’n keuse van jou beste foto’s. Een seleb wat groot opspraak met haar aankondiging verwek het, was niemand anders nie as Beyoncé toe sy in 2017 aangekondig het dat sy en haar man, die musikant Jay-Z, ’n tweeling verwag.

4. Wees intiem in swart en wit

Nog ’n spesiale manier om die nuus van jou swangerskap te deel is ’n eerlike en intieme swart-en-wit foto van jou en jou maat wat jou swanger maag vashou. Die afwesigheid van kleur verleen ’n gevoel van intimiteit aan die aankondiging, en maak dit tydloos en onvergeetlik. Geraamde swart-en-wit vergrotings lyk altyd mooi, en kan selfs die mure van julle bondeltjie vreugde se kamer versier wanneer dié sy of haar opwagting maak. Sodoende is julle kleinding van die begin af omring deur foto’s van julle liefde vir haar. Die Amerikaanse sangeres Ciara en haar man, die atleet Russel Wilson, het so ’n aankondiging gemaak: 

5. Laat die mode die praatwerk doen

As julle vriende julle as ’n sjiek paartjie ken, kan julle jul aankondiging ’n unieke kinkel gee wat sal verseker dat dit eie aan julle is. ’n Oulike idee is om ’n mode-item in jou grootte saam met ’n miniaturweergawe daarvan af te neem – nes die Amerikaanse sangeres Kelly Rowland saam met haar man, Tim Weatherspoon, gedoen het. Sy het haar swangerskap via Instagram aangekondig deur ’n foto van ’n paar babaskoentjies langs ’n bypassende paar van haar man se skoene te plaas:

 

I’ll be stuntin like my daddy…..

A post shared by Kelly Rowland (@kellyrowland) on

6. Maak dit komies

As ’n foto van jou en jou maat wat saam in die verte tuur terwyl hy jou boepie in sy arms koester nie vir julle gaan werk nie, kan julle die komiese roete volg en mense met julle aankondiging laat lag. Gee julle verbeelding vrye teuels, want daar is geen einde aan grappies oor ouerskap en kinderopvoeding nie. Julle kan die geleentheid net sowel benut om vir julleself te lag, soos die Amerikaanse aktrise Jenny Mollen en haar man en mede-akteur Jason Biggs gemaak het toe hulle hul tweede kind verwag het:

7. Maak jou maat die middelpunt

Hoe spesiaal hierdie tyd ook al vir ma en kind is, dit gaan ook oor jou maat. Laat hom dus die fokus van julle aankondigingsfoto wees met net ’n stukkie van jou in die prentjie. Hy kan byvoorbeeld jou swanger maag soen of langs jou lê met sy arms om jou buik. Hoe julle dit ook al opstel, dit gaan ’n baie spesiale foto vir almal wees. Volg die voorbeeld van die sanger Justin Timberlake en aktrise Jessica Biel wat hulle swangerskap só aangekondig het:

8. Betrek jou troeteldiere

Niemand het gesê dat jou vierpotige vriende nie mag help om die aankondiging op sosiale media te maak nie – hulle is immers deel van die gesin. Jy kan ’n oulike bordjie voor hulle neersit met die woorde: “Ons kry ’n nuwe boetie/sussie” of uitrustings laat maak wat die goeie nuus aankondig. Dit is veral oulik vir paartjies wat nog nie kinders het nie en wat hulle troeteldiere as hulle kinders beskou. Die Amerikaanse country-sangeres Carrie Underwood het haar twee worshondjies ingespan om die gelukkige nuus te help oordra:

9. Verklap terselfdertyd die geslag

As jy twee vlieë met een klap wil slaan, kan jy jou aankondigingsfoto sommer gebruik om die geslag van jou baba bekend te maak. Ook hier kan jy jou kreatiwiteit sy loop laat neem, want die moontlikhede is eindeloos. Baie mense het dit al met koeke, ballonne, prettige tekens, en konfetti gedoen – alles in ’n sekere kleur, afhangende van die geslag. Die MTV-werklikheidster en televisiegasheer Rob Dyrdek en sy vrou, Bryiana Dyrdek, het met hierdie kostelike foto bekendgemaak dat sy swanger is en dat hulle ’n seuntjie gaan hê:

10. Boomerang dit!

As ’n stilfoto nie die manier is waarop jy jou nuus met die wêreld wil deel nie, kan jy ’n prettige Boomerang oorweeg. Dit kan van net julle twee of saam met ’n hele groep mense wees. As dit so is dat ’n kind deur ’n klein dorpie grootgemaak word, is daar geen rede waarom die hele familie nie betrek kan word nie! ’n Prettige manier om jou ouer kinders te betrek, is om elkeen ’n ballon in die vorm van ’n nommer te laat vashou wat hulle geboortevolgorde aandui. Jy hou dan ’n soortgelyke ballon vas om te wys dat baba twee, drie of selfs vier in jou maag is. Een seleb wat dit so gedoen het, was die Amerikaanse aktrise Jessica Alba met haar twee ouer dogters, Honor (links) en Haven (middel): 

FOTO: iStock/nd3000

LEES OOK:

5 wenke om jou Boomerang-vaardighede vir Instagram op te skerp

7 topwenke vir oefening tydens swangerskap

Hoe om jou vel tydens jou swangerskap te versorg

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hou versekeringsmaatskappye regtig jou sosiale media dop?

Het jy al ooit die gevoel gekry dat versekeringsmaatskappye meer van jou persoonlike lewe af weet as wat hulle laat...

Close