×

10 maniere om blompatrone by die werk te dra

Moenie jou blombedrukte klere in jou kas wegsteek tot die volgende lente nie. Blompatrone is ideaal om by jou werkklerekas vir die somer in te sluit.
blompatroon rok

 

Wil jy jou kantoordrag ’n bietjie opkikker? Laat fantastiese blompatrone jou inspireer en gee jou kantoorklere ’n bietjie kleur.

Kyk hier hoe jy die blommeneiging kan inspan:

  1. As jy in ’n korporatiewe omgewing werk, kies ’n blompatroon op ’n vlootblou of swart agtergrond eerder as pastelle vir ’n professionele voorkoms. 
  2. Helder ’n konserwatiewe, neutrale uitrusting op deur een blomelement op ’n keer by te voeg. Dra byvoorbeeld ’n geblomde top by ’n neutrale broekpak.
  3. As jy graag ’n bietjie meer met blompatrone wil eksperimenteer, probeer ’n mooi getailleerde geblomde baadjie of knooptrui by ’n neutrale romp of broek.
  4. Geblomde rokke is staatmakers vir die werkplek. Kies ’n maksirok of getailleerde slooprok met ’n treffende blompatroon. Hierdie soort patroon sal ook die oë weglei van enige probleemdele wat jy wil verdoesel. 
  5. Dra ’n geblomde potloodromp by ’n neutrale bloes vir ’n deftige dog vroulike kantoorvoorkoms.
  6. Wanneer jy ’n geblomde kledingstuk kies, kyk na die snit. As jy byvoorbeeld ’n speelse gekartelde bloes dra, moenie dit met ’n vloeiende romp kombineer nie. 
  7. Kies klein, fyn blompatrone op ’n neutrale agtergrond as helder kleure en groot patrone vir jou te veel is.
  8. Dra eenvoudige skoene in een kleur by ’n geblomde kantooruitrusting.
  9. Hou by een kleur vir jou uitrusting se bykomstighede.
  10. As jy nie gereed is om die blommeneiging te probeer deur bedrukte kledingstukke te dra nie, kan jy altyd ’n blombedrukte handsak of serp inkorporeer.

Die rok in die foto is van Zando

Lees ook:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
7 vleiende modeneigings om in 2017 te probeer

Dink Austin Powers om en by 2002

Close