×
Skakel na Engels

10 maklike maniere om geld te spaar

Dié 10 wenke van kenners om geld te bespaar sal die druk op jou beursie en jou bankrekening verminder

Women are calculating calculator to determine the cost to the invoice.

1. “MENS MOET VIR GELD VOORSÊ WAARHEEN OM TE GAAN. Skryf neer wat jy koop en waarvoor jy jou geld elke maand eintlik wil gebruik.” – Cordelia Kunaka, lewensafrigter van Johannesburg wat in entrepreneurskap spesialiseer

 

2. RED DIE PLANEET Plant ’n organiese kruie-en-groentetuin. As jy ’n swembad het, hou dit bedek wanneer dit nie gebruik word nie om verdamping te verminder (wat water spaar), en leer kinders om die kraan toe te draai terwyl hulle tande borsel. Om ’n vol skottelgoedwasser te laat werk bespaar meer water as om dt alles direk ná ’n ete in die wasbak te was. – Simon Gear, skrywer van Going Green (Penguin Books SA)

 

3. BESPAAR BRANDSTOF Probeer om 5 km onder die spoedgrens te ry elke keer as jy jou kar bestuur. Dit sal nie net geld op brandstof bespaar nie, maar ook op slytasie aan jou kar – om nie eens te praat van spoedkaartjies nie. – Simon Gear

 

4. GEE ’N BIETJIE VAN JOU TYD EN KENNIS In plaas daarvan om geskenke te koop, maak geskenkbewyse vir jou vriende. Jy kan byvoorbeeld aanbied om nuwe ouers se kinders vir ’n aand op te pas as ’n geskenk.

 

5. SKAKEL OOR NA ’N VOORAFBETAALDE SELFOONOPSIE EN SIEN AF VAN GIMKOSTE Selfoondienste waarvoor ’n mens vooraf moet betaal, sal jou en jou kinders verantwoordelikheid leer. Besluit hoeveel jy bereid is om elke maand te bestee en hou daarby – selfs wanneer jou lugtyd op is. En as jy betaal vir ’n gimlidmaatskap wat jy nooit gebruik nie, laat dit vaar en begin liewer stap. – Winnie Kunene, finansiële adviseur van Johannesburg

 

6. SNUFFEL ROND VIR NUWE MOTORVERSEKERING Vind ’n versekeraar wat vir jou die beste dekking teen die laagste prys sal gee. Kyk na faktore soos die vlak van dekking, kliëntediens en toegevoegde waarde – nie net die prys nie. – Robyn Farrell, besturende direkteur van 1st for Women-versekeraars

 

7. NOOI LIEWER JOU VRIENDE OOR AS OM UIT TE GAAN Dis baie goedkoper om by die huis te bly as om na ’n restaurant toe te gaan, veral as elkeen ’n gereg en hul eie drankies saambring.

 

8. JOU BANKKOSTE IS NIE VAS NIE Stel vas wat jou koste is en bring dan ’n paar uur op die internet deur – jy kan dalk ’n goedkoper pakket vir jou behoeftes opspoor. Banke wil graag jou besigheid hê en maak dit vir jou maklik om die skuif te maak. Laat hulle dus die werk doen. – Michelle Joubert, hoof van beleggingsbelange by die JSE

 

9. SPAAR ENERGIE Prop toebehore uit. Selfs wanneer dit afgeskakel is, kan elektroniese toestelle en toebehore wat op bystand bly tussen 10% en 20% van jou elektrisiteitsrekening uitmaak. – Simon Gear

 

10. VRA ALTYD AFSLAG WANNEER JY KONTANT BETAAL Vra dokters of jy mediesefondstariewe kan betaal of afslag kan kry indien jy onmiddellik betaal en vra aptekers vir die generiese medisyne vir chroniese siektes. As jy vir énige iets kontant betaal, kan jy korting vra.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoe om skuld doeltreffend te bestuur

Hoewel daar miljoen Suid-Afrikaners is wat in skuld verdrink, is daar ook miljoene wat dit regkry om krediet doeltreffend te...

Close