×
Skakel na Engels

10 lesse wat jy jou kinders oor geld kan leer

Leer jou kind oor die waarde van geld en hoe om slim te bestee en te spaar

’n Onlangse aanlyn meningspeiling wat deur die skuldhersieningsagentskap DebtSafe onderneem is, toon dat ’n verbysterende 41% Suid-Afrikaners nie spaar nie en gewoonlik te veel op hul kredietkaart staatmaak. Dis belangrik dat ouers hulself ook opvoed om ’n geldslim kind groot te maak, sê Wikus Olivier, ’n skuldbestuurkenner by DebtSafe. “Jy as ouer moet weet hoe om te begroot, op uitgawes te besnoei en skuld te verminder,” voeg Olivier by. Hy beklemtoon dat ouers ’n goeie voorbeeld moet stel. Kinders wil sien hoe iets werk en daarom moet jy vir hulle wys hoe om ’n begroting op te stel en hul sakgeld te bestee. Gee hulle beheer oor hul sakgeld, want dit sal hulle leer om verantwoordelikheid te neem. As hulle hierdie vaardigheid reeds van kleins af leer, sal hulle besef dat geld nie aan bome groei nie. Geld moet verdien word,” sê hy.

Hierdie noodsaaklike beginsels kan jou help om jou kind reeds van jongs af te leer hoe om met geld te werk.

1. Pas toe wat jy sê

Kinders is meer geneig om te leer wanneer jy ’n goeie voorbeeld stel.

2. Leer hulle in elke stadium van hul lewe

Leer reeds van vroeg af lesse en herhaal dit regdeur jou kinders se lewe.

3. Hou dit pret

Wys jou kinders dat hulle selfvertroue met geld kan hê en dit sonder vrees kan gebruik.

4. Wanneer hulle voorskools is

Gee aan hulle ’n bedrag sakgeld waarmee hulle happies by die snoepie kan koop.

5. Leer hulle spaar

Gee vir hulle ’n spaarvarkie waarin hulle geld kan wegsit vir die fiets, pop of rekenaarspeletjie wat hulle graag wil hê.

6. Wanneer hulle in die laerskool is

Leer hulle van meer uitgawes, soos verjaarsdaggeskenke vir familie en vriende, asook vermaak sodat hulle kan leer om te begroot vir dinge wat nog voorlê nadat hulle hul sakgeld ontvang het.

7. Laat jou kind by jou geld leen – met rente

Dit berei hulle op die regte wêreld voor en skep ’n geleentheid vir jou om hulle te leer wat presies gebeur wanneer jy geld leen, asook wat die beste manier is om ’n lening terug te betaal.

8. Wanneer hulle op hoërskool is

Neem hulle na ’n bank en open vir hulle ’n beleggingsrekening. Laat hulle elke maand van hul spaargeld daarin belê. Hulle kan dit dan gebruik vir ’n deposito op ’n motor wanneer hulle 18 jaar oud is, of dit kan tot universiteitskoste bydra.

9. Gee hulle meer verantwoordelikhede

Voeg meer uitgawes soos hul selfone en databondels by hul begroting.

10. Wanneer hulle op universiteit is

Laat hulle die verantwoordelikheid neem om te begroot en hul uitgawes te betaal. Help hulle om ’n begroting uit te werk vir universiteitsgelde, boeke, huur en enige iets anders wat betaal moet word. Gee vir hulle die begrote bedrag en vra hulle hoe hulle die uitdaging vind. Gee jouself toegang tot hul rekeningstate sodat jy hulle kan raadgee oor hoe hulle geld uitgee.

Meer oor DebtSafe

DebtSafe is die mees gerespekteerde skuldhersieningsagent in Suid-Afrika. Debtsafe is in staat on sy kliënte deur elke stap van skuldbegeleiding te help met ’n landwye span kenners. DebtSafe help sy kliënte op ’n deursigtige wyse en maak hul drome van ’n skuldvrye lewe ’n werklikheid. Vir meer inligting besoek www.debtsafe.co.za of volg @DebtSafe op Twitter of DebtSafe op Facebook.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die 5 bestes en billikstes

Onderlaag is die, wel, basis van ’n goedgegrimeerde gesig. Hier is vyf opsies wat nie net van die beste op...

Close