×
Skakel na Engels

10 interessante feite oor mense wat in April gebore is

Om mee te begin, hulle maak van amper enige loopbaan ’n sukses. Deur Jamie Ballard
april

1. Hulle is óf Ramme óf Bulle

Ramme vier hulle verjaardae tussen 1 en 19 April terwyl enige iemand wat tussen 20 en 30 April gebore is, ’n Bul is. Ramme word gewoonlik as ambisieuse leiers gesien terwyl Bulle oor die algemeen dinamiese doeners is wat ook tyd maak om die luukses van die lewe te geniet.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

2. Hulle geboortesteen is die diamant

Met só ’n geboortesteen kan April-babas nie anders as om uit te blink nie! Die diamant is die heel waardevolste geboortesteen en verteenwoordig oorvloed, sterkte, krag en moed.

3. Hulle is baie empaties

Aangesien April-mense oor die algemeen baie emosioneel is, is hulle in voeling met hulle eie en ander mense se gevoelens.

4. Daar is twee geboorteblomme vir April

Die madeliefie en pronk-ertjie word albei as April se geboorteblomme beskou. Die pronk-ertjie dui op salige geluk terwyl madeliefies kinderlike onskuld, lojaliteit en reinheid verteenwoordig.

5. Hulle is suksesvol in baie beroepe

Alhoewel mense wat in ander maande gebore is dikwels tot ’n paar spesifieke loopbane geneig is, is dit nie die geval met April-babas nie. Danksy hulle leierskap en gedrewenheid behaal April-ouens sukses in baie verskillende loopbane.

Lees ook: 5 apps wat elke werkende vrou móét hê

6. Hulle is minder geneig om deur sekere siektes geaffekteer te word

’n Mediese studie aan die Columbia University in die VSA het aan die lig gebring dat mense wat in hierdie maand gebore is, minder geneig is om deur kardiovaskulêre, neurologiese, asemhalings- en en voortplantingsiektes geaffekteer te word as mense wat in die res van die jaar gebore is.

7. Hulle is oor die algemeen meer optimisties

Mense wat in Maart, April en Mei gebore is, lê hoog op die hipertimie-skaal, volgens Britse navorsers. Hipertimie is die wetenskaplike term vir algemene optimisme. April-babas is dus geneig om die glas halfvol te sien en die silwer randjie in elke situasie te sien.

8. Hulle is in goeie geselskap

Mense wat in April gebore is, deel ’n verjaardagmaand met baie talentvolle persone. Koningin Elizabeth II, Mandy Moore, Jennifer Garner, Leonardo da Vinci, David Letterman, Alec Baldwin, Jessica Alba en Eddie Murphy is almal in April gebore.

9. Ramme is geneig om tot mekaar aangetrokke te wees

In ’n studie waaraan byna ’n miljoen mense deelgeneem het, is daar bevind dat Ram-mans sowel as -vroue geneig is om eerder met mede-Ramme te trou as met mense wat onder enige ander teken gebore is. Die studie het ook bevind dat Bulle ook geneig is om met mekaar te trou, alhoewel daar ’n effense hoër huweliksyfer tussen Bul-mans en Weegskaal-vroue is.

10. Mense wat op 22 April gebore is, deel hulle verjaardag met Aardedag

Wat dit die ekovriendelikste dag van die jaar maak!

Van: Good Housekeeping US

FOTO: iStock/wundervisuals

LEES OOK:

Jou sterre April 2018

Die GH-span se verjaardagwenslysie

Die interessantste kenmerk van jou sterreteken

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Jou sterre April 2018

Tracy Shaw kyk na wat jou voorspellings inhou

Close