×
Skakel na Engels

10 fantastiese kinderpartytjies wat jou mond sal laat oophang

Al die inspirasie wat jy vir jou kind se volgende partytjie nodig het
kinderpartytjies

Om ’n partytjie vir jou kind te beplan kan ’n uitdaging wees, maar as ’n ouer is die kosbare oomblik wanneer jou kleinding se gesig ophelder van verrassing en genot by die aansig van hul perfekte temapartytjie van onskatbare waarde. Dit gaan alles daaroor om betowerende herinneringe vir jou kind te skep, van geskenke oopmaak tot die eet van die koek. Ons het 10 perfekte partytjies van The Cutest Party on the Block gevind wat jou beslis sal inspireer wanneer jy jou kind se volgende partytjie beplan.

1. ’n Swart-en-wit tema met blomme is beslis ’n wenner. Is dit nie ’n treffende kombinasie nie ? The Cutest Party on the Block het hierdie dekor vir ’n 18de verjaardagviering gestileer.

2. Emoji’s se plek is nie meer net op ons fone nie – dit het ons lewe oorgeneem in die vorm van pantoffels, kussings en meer. Nou kan jy ’n hele partytjie met prettige geel gesiggies hê. Emoji’s is ’n treffer onder jonk en oud, en hierdie dekor kry ons goedkeuring. 

3. ’n Sterretjiepartytjie! Ons is dol oor hierdie sterretjietema met lieflike pienke vir ’n eerste verjaardag. Die tulle en feetjieliggies is so bekoorlik, en ’n buffet met lekkers is ’n trekpleister wat die kinders sal laat terugkom vir meer.

4. Disney Junior se Sofia the First is ’n gunsteling onder prinsesse in wording. Ons is dol oor hierdie dekor se koninklike, bekoorlike voorkoms. Die skakerings van pers gee dié tema ’n besliste koninklike gevoel.

5. Zahraa het haar tweede verjaardagpartytjie met die Hello Kitty-tema terdeë geniet. Die welbekende gesiggie en pienk strik word oral in die dekor gebruik saam met hope wit en sagte pienke om ’n lieflike voorkoms te skep wat ’n tweejarige soos die kat se snor sal laat voel! 

6. Wat kan meer betowerend wees as eenhorings? Dié lasergesnyde eenhoringsilhoeët in ’n swierige raam teen ’n vonkelende muurpapier-agtergrond lyk pragtig saam met die kolwyntjies se pienk eenhorings. En daardie koek is ’n Pinterest-treffer!

7. Minnie en haar kenmerkende strik is ’n wennertema. Prettig!

8. Die Disney-verhaal van Belle, wat met ’n ondier pleks van ’n sjarmante prins getroud is, is iets spesiaals. En die kleure van hierdie beminlike verhaal is ’n wenner by enige partytjie.

9. Die perfekte koninklike tema. Daardie koek verdien om eerder geraam as geëet te word! Dit lyk of dit reguit uit ’n feeverhaal kom.

10. Oukei, dis nou nie regtig ’n kinderpartytjietema nie – dis ’n oliebolmuur wat The Cutest Party on the Block vir Goeie Huishouding se Vrolike Kersfees-middagete verlede jaar gemaak het. Ons is steeds verstom oor hoe fantasties dit was – en die oliebolle het net so wonderlik gesmaak as wat dit gelyk het!

As jy wil hê The Cutest Party on the Block moet jou kind se volgende partytjie beplan, kontak Shaa’ista Kathree Jassat:  hello@thecutestpartyontheblock.co.za.

NOG INLIGTING:

www.thecutestpartyontheblock.co.za

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
8 veluitslae op kinders waarvan elke ouer moet weet

Maak seker jy weet hoe om hierdie toestande raak te sien. Deur dr. Ranj Singh

Close