×
Skakel na Engels

10 dinge wat jy oor diabetes moet weet

Vandag is Wêreld-diabetesdag. Hier is ’n paar feite oor die siekte …

 

 

1. Volgens die Internasionale Diabetesfederasie is daar wêreldwyd na raming  382 miljoen mense met diabetes en teen 2035 sal dit na verwagting tot 592 miljoen toegeneem het.

2. Daar is na raming sowat 3,5 miljoen mense in Suid-Afrika met diabetes en die helfte van hulle is nie gediagnoseer nie.

3. Die meeste mense met diabetes is tussen 40 en 59 jaar oud. Mense oor 40 behoort hul bloedsuiker een keer per jaar te laat nagaan, veral as hulle oorgewig en onaktief is en ’n familiegeskiedenis van diabetes het.

4. Swak beheerde diabetes kan tot ernstige komplikasies en ’n vroeë dood lei.

5. Sowat 85% tot 95% van mense met diabetes het tipe 2-diabetes, wat gewoonlik eers in volwassenheid begin.

6. Daar word dikwels na tipe 2-diabetes as ’n leefstylsiekte verwys, want risikofaktore sluit oorgewig, ’n swak dieet en ’n gebrek aan oefening in. Mense met ’n familiegeskiedenis van tipe 2-diabetes loop veral ’n risiko.

7. Komplikasies weens diabetes sluit infeksies, hartsiekte, chroniese niersiekte, oogsiektes en senuweeskade in.

8. In die meeste hoë-inkomstelande is diabetes die hoofoorsaak van hartsiekte, blindheid, nierversaking en amputasies van onderste ledemate.

9. Talle behandelingsopsies is vir mense met diabetes beskikbaar. Om bloedglukosevlakke, bloeddruk en cholesterolvlakke so na as moontlik aan normaal te hou kan komplikasies weens diabetes help keer of uitstel.

10. Mense met diabetes wat dit behoorlik beheer, kan ’n normale, aktiewe lewe lei, dikwels met min of geen beperkings.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
4 kits-gesondheidswenke

Klein, maklike strategieë om jou liggaam blitsig ’n hupstoot te gee

Close