×
Skakel na Engels

10 briljante gebruike vir babapoeier

Mmm, dit ruik so lekker … en daar is maniere waarop babapoeier jou kan help waaraan jy nooit sou kon dink nie

babapoeier

1. ’n Knoop in jou gunsteling-kettinkie? Lê dit op ’n plat oppervlak neer, sprinkel ’n bietjie babapoeier oor die knoop en maak dit met ’n naald los.

2. As jy strand toe gaan, is sanderige voete in jou pas skoongemaakte motor altyd ’n probleem. Vryf babapoeier aan jou bene en voete en kyk hoe gly die sand af.

3. As jou hare regtig ’n was kort, maar jy het nie tyd om dit te was en stileer nie, sprinkel net ’n bietjie babapoeier op ’n kam en kam dit deur. Brunet? Tik net jou hare sagkens tot dit weg is.

4. Ag nee, daar het kookolie op jou bloes gespat! Gryp die babapoeier en sprinkel dit oor die olie. Dit sal die olie absordeer en keer dat dit vlek.

5. As jy jou bene by die huis waks, vryf babapoeier oor jou bene voordat jy die was aanwend. Dit beskerm jou vel en verseker dat die was elke enkele haartjie bykom.

6. Beskerm blombolle wat jy nie dadelik gaan plant nie deur dit in ’n herseëlbare sakkie met ’n eetlepel of twee babapoeier te bêre. Skud dit om die bolle te bedek. Dit keer dat die bolle vrot voordat dit reg is om geplant te word.

7. Muwwerige boeke? Maak jou boek oop en laat dit vir ’n paar uur lugdroog word. Sprinkel dan babapoeier tussen die bladsye en los dit vir ’n dag. Borsel nou die poeier uit.

8. Probeer hierdie grimeerkunsie – gebruik babapoeier as ’n onderlaag vir maskara. Sprinkel bloot ’n bietjie poeier oor jou wimpers voordat jy masakara aanwend.

9. As jou hakke maklik bars, kan babapoeier help om dit glad te maak.

10. Stop daardie geraas! Houtvloerplanke sal minder kraak as jy ’n bietjie babapoeier daaroor sprinkel.

FOTO: iStock/ThitareeSarmkasat

LEES OOK:

Alles wat jy moet weet om jou hare tuis te kleur

Skoonheidskure uit jou kombuis

5 vlekverwyderaars wat elke huishouding moet hê

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
12 probleme wat met babapoeier opeglos kan word

Dié medisynekas-staatmaker is nuttiger as wat jy dink. DEUR NICOLE SAMPEDRO

Close