×
Skakel na Engels

10 briljante gebruike vir aluminiumfoelie

Omskep hierdie kombuisstaatmaker in ’n geheime wapen
Aluminum foil

Jy weet reeds aluminiumfoelie is nuttig om oorskiet in toe te draai, maar dis eintlik uiters nuttig oral in die huis. Lees hier waarvoor alles:

1. MAAK JOU SKÊR SKERP

Vou ’n stuk foelie in kwarte om vier lae te maak. Sny dan verskeie kere daardeur om stomp lemme te slyp.

2. BESKERM TEEN VERFDRUPPELS

Het jy nie blou kleefband nie? Draai deurhandvatsels, -knoppe en laaihandvatsels met foelie toe om te keer dat verf daarop spat of drup.

3. RAAK VAN ROES ONTSLAE

Om hardnekkige roeskolle van chroommodderskerms en huishoudelike toestelle te verwyder, vryf die oppervlakke met opgefrommelde foelie.

4. BESTEE MINDER TYD AAN STRYKWERK

Plaas ’n lang strook aluminiumfoelie onder jou strykbordoortreksel. Omdat die metaal hitte absorbeer, haal dit kreukels vinniger uit katoen en wolstowwe.

5. MAAK ’N TREGTER

Vorm ’n vel foelie in ’n keël met ’n gaatjie onderin en gebruik dit om vloeistowwe deur smal bottel- en flesopeninge te giet.

6. BIND GOED VAS

Moet jy die pote van jou braaihoender vasbind of wil jy keer dat groente in die oond uitmekaarval? ’n Dun strook foelie is die ideale oplossing.

7. BESKERM DEURKNOPPE TEEN VUIL VINGERS

Raak jou kinders morsig met verf of deeg? Draai krane en deurkoppe met foelie toe om vingermerke te keer.

8. KEER DAT SOP ’N VELLETJIE VORM

Sny ’n stuk foelie dieselfde grootte as die houer en plaas dit direk op die oppervlak van die sop of bredie. Bedek en bêre.

9. KEER DAT DIE KORS BRAND

Moenie jou beroemde pampoentert laat brand nie – bedek die rande met ’n kring wat jy uit foelie geknip het om te keer dat dit te bruin word.

10. SKROP AANGEBRANDE POTTE

’n Bal foelie kan jou bakke en kookgerei selfs skoner kry – probeer dit op glaskasserolbakke of kastrolle.

Van: Woman’s Day

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Maak ’n wasmiddel vir jou juweliersware

Spaar geld én tyd deur self jou juwele skoon te maak

Close