×

10 beste aanlyn winkels vir Kersinkopies

Ons het ons 10 beste aanlyn winkels vir Kersinkopies gekies
aanlyn winkels

Ons weet almal hoe frustrerend dit kan wees om van winkel na winkel te hardloop om die perfekte geskenke vir jou maat, kinders en gunstelingtannie te kry. Dis hoekom ons dit is ’n fantastiese idee om Kersgeskenke aanlyn te koop!

1. Waar om te koop: www.lecreuset.co.za

Wat jy daar sal kry: Die volledige reeks van Le Creuset se veelbegeerde kombuisware. Boonop kan jy van nou tot 27 Desember hope fantastiese spesiale aanbiedings kry.

Aflewering: Verwag jou pakkie binne drie tot vier werkdae. Gratis aflewering oral in Suid-Afrika.

Ons beste kopie: Kookgereistel (R790).

screen-shot-2016-11-01-at-4-23-13-pm

2. Waar om te koop: www.superbalist.com

Wat jy daar sal kry: Die varsste mode en dekor van meer as 500 van die wêreld se beste handelsmerke.

Aflewering: Gratis standaardaflewering (afhangende van produk, opsie en gebied) oor SA heen binne een tot vier werkdae. Aflewering op dieselfde dag sal jou R50 kos.

Ons beste kopie: Instax Mini 8-kamera, R1099

screen-shot-2016-11-07-at-2-56-30-pm

3. Waar om te koop: www.rubyroadafrica.com

Wat jy daar sal kry: Die beste luukse geskenke en dekor.

Aflewering: Pakkies word binne twee tot vyf werkdae per koerier afgelewer. Afleweringskoste wissel volgens gebied: Kaapstad R75, ander groot stede R90, streekdorpe R175.

Ons beste kopie: Afrika-opdienbord (R375).

ruby-road-africa-serving-board_x460

4. Waar om te koop: www.hellopretty.co.za

Wat jy daar sal kry: Onafhanklike ontwerpers se juweliersware, klere, digitale katoeters, huisware en veel meer.

Aflewering: Afleweringstye en -pryse wissel volgens die verkopers se keuse van versending. Verwag om tussen R22 en R150 vir aflewering binne drie tot 20 werkdae te betaal.

Ons beste kopie: Handgemaakte houtblokke van YogiBlocks (R185).

screen-shot-2016-11-02-at-10-24-48-am

5. Waar om te koop: www.streepsak.co.za

Wat jy daar sal kry: Plaaslik vervaardigde unieke handgemaakte dekorartikels, geskenke en modebykomstighede. #TrotsSuidAfrikaans

Aflewering: Gewone poskantooraflewering binne vier tot 12 werkdae en koerieraflewering binne twee werkdae.

Vir bestellings onder R500: R45 per pakkie vir gewone poskantooraflewering of R70 per pakkie wat na jou huis of kantoor gekoerier word.

Vir bestellings tussen R500 en R999: Gratis posaflewering na jou naaste poskantoor of R45 per pakkie wat na jou huis of kantoor gekoerier word.

Vir bestellings oor R1 000: Gratis aflewering per koerier by jou huis of kantoor.

Ons beste kopie: Handbedrukte katoenkussingslope in ’n verskeidenheid kleure en ontwerpe (R175 vir ’n stel van twee).

screen-shot-2016-11-02-at-11-04-36-am

6. Waar om te koop: www.mrphome.com

Wat jy daar sal kry: Huisware en dekor geïnspireer deur modieuse temas, asook noodsaaklike artikels.

Aflewering: Ekonomiese aflewering binne vyf tot sewe werkdae by ’n tak (om af te haal) kos R15 en deur-tot-deur-aflewering binne drie tot sewe werkdae kos R50. Spoedaflewering binne een tot drie werkdae by ’n tak (om af te haal) kos R35 en deur-tot-deur-aflewering kos R70. Let asseblief daarop dat meubels nie by ’n winkel afgelewer kan word nie.

Ons beste kopie: Kontemporêre houtmuurhorlosie, R399,99

screen-shot-2016-11-07-at-3-01-35-pm

7. Waar om te koop: www.monoshop.co.za

Wat jy daar sal kry: Plaaslik vervaardigde huisware en interieurbykomstighede geïnspireer deur dekor in ’n Skandinawiese styl.

Aflewering: Aflewering van meubels en beddegoed kan tot twee weke duur. Kleiner artikels word binne een tot sewe werkdae afgelewer. Afleweringspryse wissel gegrond op die artikel en die afstand na die afleweringsadres.

Ons beste kopie: Kontemporêre klerehanger in roomkleur (R1 950).

screen-shot-2016-11-02-at-11-19-38-am

8. Waar om te koop: www.home.co.za

Wat jy daar sal kry: Al jou geliefkoosde huishoudelike en onthaalbenodighede, en hulle het verskeie spesiale aanbiedings van nou tot 25 Desember 2016.

Aflewering: Gratis standaardaflewering vir alle bestellings vir meer as R500, andersins kan ’n R50-afleweringsfooi verwag word. Standaard: Drie tot vyf werkdae. Spoedaflewering: Twee werkdae. Oornagaflewering: Volgende werkdag wanneer voor 14:00 bestel word, Maandag tot Donderdag (R125). Snel- en oornagaflewering: Net in Johannesburg, Kaapstad en Durban se metropolitaanse gebiede beskikbaar.

Ons beste kopie: Bella-wynkruik met houtdeksel (R599, spesiale aanboed).

screen-shot-2016-11-03-at-9-05-36-am

9. Waar om te koop: www.lush.co.za

Wat jy daar sal kry: Vars handgemaakte kosmetiekmiddels vir die hele gesin.

Aflewering: Aflewering geskied per koerier en pryse wissel van R45 tot R90, afhangende van die gewig van die bestelling. Aflewering kan tussen een en vyf werkdae duur.

Ons beste kopie: Shoot for the Stars-badbom (R64,50).

screen-shot-2016-11-03-at-9-15-05-am

10. Waar om te koop: www.makro.co.za

Wat jy daar sal kry: Alles waaraan jy kan dink van selfdoen-artikels tot toestelle tot kinderspeelgoed. Boonop het hulle ’n gróót feesuitverkoping van nou tot 25 Desember 2016.

Aflewering: Geraamde afleweringstyd is binne twee tot vyf werkdae vandat die betaling deur is. Afleweringskoste wissel en word volgens gewig, dimensies en die afleweringsgebied gehef. Die minimum bedrag vir aflewering is R55.

Ons beste kopie: LIVELEKKER Beverage Buddies (R99 vir ’n pak van twee).

min_261199_eaa

Lees ook:

Kry jou kaartjies vir GH se Vrolike Kersfees-middagete vandag!

Plaas hierdie Rudolf-Kerskoek op jou inkopielys

5 wenke vir streslose Kersinkopies

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kry jou kaartjies vir GH se Vrolike Kersfees-middagete vandag!

Kom in die gees van die feestyd saam met Goeie Huishouding by ons jaarlikse Vrolike Kersfees-middagete, wat vanjaar in Durban...

Close