×

10 anonieme Kersgeskenkidees vir minder as R100

Bederfgeskenke vir geheime Kersvader-byeenkomste wat niemand sal wil verruil nie, en nog belangriker, wat nie ’n plaas se prys kos nie!
kersgeskenkidees

 

1. TEETYD

BOS Tea

Ongebleikte organiese-rooibosteesakkies in vertoonblik | R79 | Yuppiechef.com

Bos se organiese rooibostee is vars en gesond en maak ’n heerlike warm of koue drankie. Met die heilsame eienskappe van rooibos en Bos se kenmerkende heerlike smaak kan jy nie ’n fout maak om dit as geskenk te gee nie – selfs koffiedrinkers sal dol daaroor wees.

2. SOET HAPPIES

Angeli butter cookies

Angeli Hearts-vanieljebotterkoekies | R39 | Yuppiechef.com

Hierdie delikate, bros vanieljebotterkoekies is ’n hemelse toevoeging tot tee of koffie. Dis ideaal vir ’n kollega met ’n suikertand!

3. GOED, BETER, BEKER

MRP Home Mug

Kotchi- geometriese porseleinbeker | R25,99 | MRP Home

Hierdie Kochi-porseleinbeker met ’n geometriese dekalontwerp is skottelgoedmasjien- en mikrogolfbestand, en teen hierdie prys kan jy selfs ’n pakkie koekies of beskuit insluit.

4. HELPENDE HAND

Ooh La La Hand Cream

Ooh La La-handeroom | R59 | Sixth Floor by Superbalist

Ons is dol oor hierdie treffende vanieljegegeurde handeroom met die oulike naam en kleurryke ontwerp. Dis eksklusief by Superbalist.

5. PRAGTIG EN PRAKTIES

iPhone Case H&M

Gemarmerde iPhone-omhulsel | R99 | H&M

Apple-aanhangers sal dol wees oor hierdie modieuse slimfoonomhulsel van harde plastiek met ’n pragtige marmerpatroon. Marmer nie jou ding nie? Gaan snuffel by H&M vir hul verskeidenheid foonomhulsels.

6. SIEN DIE LIG

pineapple candle H&M

Kers in ’n keramiekhouer | R89,99 | H&M

Pynappels is steeds in die mode. Hierdie kers in ’n pynappelvormige keramiekhouer – beskikbaar in wit, silwer of goud – sal beslis ’n vriendin of kollega se lewe ophelder.

7. IN DIE HARDLOOP

travelmug

Balloons-reisbeker | R79,99 | MRP Home

Hierdie kleurryke porseleinbeker met sy silikoondeksel sal die inhoud vir langer warm hou. MRP Home het dié reisbekers in ’n verskeidenheid kleure en patrone. Besoek dus jou naaste tak of koop aanlyn.

8. HEERLIK HUISLIK

kitchen 3-pack MRP

Gestreepte linnestel met drie items | R69,99 | MRP Home

Hierdie waardepak van 100% katoen bestaan uit ’n teedoek, ’n oondhandskoen en ’n pothouer. Weet jy nie watter kleur die ontvanger se kombuis is nie? Dis nie ’n probleem nie! Die neutrale streeppatroon maak dit uiters veelsydig.

9. TEGNOSLIM

USB dog

USB Dog-spilpunt | R79,99 | MRP Home

Hierdie hondvormige USB-spilpunt met vier poorte is ’n prettige element vir enige werkruimte.

10. DIE ENE ORE

Black crystal-look earrings

Kristalagtige oorbelle in swart | R99 | Edit by Spree

Die ideale geskenk vir iemand wat jy ’n bietjie beter ken as jou gemiddelde kollega – miskien ’n niggie of tannie by jou familie se geheime Kersvader-byeenkoms. Dis ook in ’n deursigtige weergawe beskikbaar.

LEES OOK

12 fantastiese plaaslike Kersmarkte in 2016
10 beste aanlyn winkels vir Kersinkopies
5 wonderlike webwerwe vir gratis Kersfees-template

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kos-alternatiewe vir ‘n gesonde Kersfees

Kersfees hoef nie ’n kilojoule-bom te wees nie ... Deur Anya Meyerowitz

Close