×
Skakel na Engels

Yuppiechef open sy eerste fisieke winkel op 1 Oktober

Goeie nuus vir tuisteskepppers!
Yuppiechef

Een van Suid-Afrika se voorste aanlyn handelaars, Yuppiechef, het aangekondig dat hy sy eerste fisieke winkel op 1 Oktober 2017 by Willowbridge Centre in Kaapstad gaan open.

Sedert hul bekendstelling 11 jaar gelede het Yuppiechef een van die staatmaker-platforms geword vir menige Suid-Afrikaner wat op soek is na die nuutste kombuisware, huisbykomstighede, troeteldierprodukte en ’n verskeidenheid eet- en drinkgoed.

“Ons glo die toekoms van kleinhandel is ’n ‘alomgerigte kanaal’, wat dui op ’n kombinasie van fisieke winkels en e-handel,” sê Andrew Smith, medestigter van Yuppiechef. Dit beteken die gemiddelde koper hoef nie meer te wag voordat hy/sy daardie kopie in sy/haar hande kan vashou nie. 

“Om inkopies te doen is vir baie Suid-Afrikaners een van hul gunsteling-tydverdrywe – om ’n Saterdag in ’n winkelsentrum deur te bring, vriende daar te ontmoet of te gaan uiteet. Of dalk verkies jy die fisieke inkopie-ervaring wanneer dit by sekere produkte kom – om deur die rakke te loop, raad te kry en die onmiddellikheid van die aankoop. Winkels en winkelsentrums gaan nog lank met ons wees.”

Die nuwe fisieke winkel sal kopers die geleentheid bied om aanlyn na ’n produk te kyk en dit dan in die winkel te kom besigtig om finaal te besluit. Jy kan ook na ’n produk in die winkel kom kyk en steeds kies om dit by jou huis te laat aflewer.

Die wonderlike integrasie tussen die aanlyn en fisieke winkels sal dit ook moontlik maak om in die winkel te staan en produkresensies op jou foon te lees of na video’s te kyk wat jou met jou finale keuse sal help, het Smith verduidelik. Die Kaapse winkel sal hopelik die eerste van vele oor die land heen wees, het hy ten slotte gesê.

En dit is hoe die nuwe winkel gaan lyk:

FOTO: iStock/Poike

LEES OOK:

7 fantastiese aanlyn winkels vir oulike ooievaarspartygeskenke

10 beste aanlyn winkels vir Kersinkopies

6 maklike maniere om jou privaatheid aanlyn te beskerm

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Altyd aanlyn is nie altyd goed nie

Alles gebeur aanlyn, nie waar nie? Maar dalk is dit goed om herinner te word aan die feit dat altyd aanlyn...

Close