×
Skakel na Engels

Wonderlike wenke om jou delikate wol-items splinternuut te laat lyk

’n Gehalte-woltrui bly ’n luukse en gemaklike staatmaker-kledingstuk
skip-knitwearjpg

“My rooi-blou-en-wit gestreepte trui is ’n wintergunsteling wat al jare in my kas is. Dit wys net dat as jy jou gebreide items mooi oppas en hulle op die handwas- of wolsiklus was, hulle regtig ’n leeftyd kan hou! Ek dra dit saam met alles van jeans en blokhakskoene tot geplooide rompe en stewels. Ek is mal oor die vlootgeïnspireerde styl en glo dit is ’n klassieke kledingstuk wat altyd die oog sal tref en nooit uit die mode sal gaan nie. Toe ek ’n dogtertjie was, het ek iets soortgelyks gehad waarin ek geleef het, en dit bring soveel gelukkige kinderherinneringe terug.” – GH-moderedakteur, Bev Nates

BevNates

Veelsydigheid

versatile knitwear

’n Trui in ’n neutrale kleur met ’n weelderige gevoel kan maklik saam met ’n netjiese broek vir die kantoor gedra word, of oor naweke saam met jeans. Sekere soorte wol, soos kasjmier en merino, met hul warmte, gemak en styl, is ideaal vir ons wintertemperature.

Wenk: Koop ’n nommer groter as gewoonlik vir ’n “kêreltrui”-voorkoms.

Bewaring

Delikate wolstowwe wat reg gebêre word, sal vir langer nuut lyk. Maak seker dat die rakke waarop jy jou truie bêre, skoon en sonder stof is. Bêre items weg van direkte sonlig aangesien sonlig klere laat verouder. Bewaar jou woltruie deur hulle oor ’n hanger te vou sodat hulle nie rek nie.

Skip se wenke om jou delikate wol-items langer nuut te laat lyk

1. Wolstowwe is natuurlike, sagte vesels wat vinnig frummeltjies maak indien dit hardhandig of onverskillig gewas word.

2. Volg altyd die aanwysings op die etikette wanneer jy jou wol-items was. Indien die kledingstuk masjienwasbaar is, gebruik die sagste siklusse en spesiale wolprogramme. (Was by 30 tot 40 grade Celsius.)

3. Gebruik Skip Auto-waspoeier met Fibre Care-tegnologie. Dit is ontwerp om materiaal diep binne te dring en elke vesel deeglik te reinig en te versorg.

4. Skoon wol-items moet omgedop en plat droog word om te voorkom dat dit uitrek. Plaas kledingstukke op ’n plat oppervlak en sprei dit effens uit om die item sy vorm te laat behou. Laat dit weg van direkte sonlig en hitte droog word.

skip product

Skip met Fibre Care-tegnologie is ontwerp om items diep binne te dring om elke vesel deeglik te reinig en te versorg en dit sodoende langer nuut te laat lyk. #NewerForLonger

Vir meer inligting oor Skip-produkte besoek www.skip.co.za.

FOTO: iStock/portishead1

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
13 briljante wenke wat jou klere langer sal laat hou

Ja, daar is ’n regte manier om alles te vou en op te hang. Deur Lauren Smith

Close