×
Skakel na Engels

Wil jy jonger lyk? Moet dan nie van jou décolletage vergeet nie!

Moenie van dié deel van jou liggaam vergeet nie!
décolletage

Namate ons ouer word, begin ons al hoe meer aandag en moeite aan ons velsorg bestee. Ons belê in produkte om ons vir langer jonger te laat lyk. Hoewel ons dikwels die meeste aandag aan ons gesig gee, is jou décolletage – of nek-en-borsgedeelte – dikwels een van die eerste dele wat jou ouderdom begin verklap. Dis ook die deel wat die meeste mense afskeep totdat dit te laat is! Volg hierdie wenke om jou décolletage te versorg en só met minder plooie en ’n jonger voorkoms te spog.

Wend ’n SBF aan

Ons weet teen dié tyd almal dat die daaglikse aanwending van sonroom ’n groot rol in die teenverouderingstryd speel. Dit behoort ’n noodsaaklike deel van jou velsorgroetine te wees, en moenie vergeet om dit ook an jou borsgedeelte aan te wend nie. ’n Onderlaag met SBF is nie genoeg nie – belê in ’n sonroom met die hoogste beskermingsfaktor om veroudering op jou delikate borsvel te voorkom.

Lees: 3 maniere om ’n vlekkelose bors te kry

Slaap slim

Het jy al van “slaapplooie” gehoor? Dis ongelukkig ’n werklikheid en kan veral vroue raak wat op hul sy slaap. Dis omdat swaartekrag die vel afrem en plooie vorm. Leer jouself om op jou rug te slaap deur kussings langs jou lyf af te pak sodat jy nie kan omrol nie.

Reinig deeglik

Baie mense maak nie dié gedeelte behoorlik skoon nie, en dit kan porieë laat verstop en die vel laat verkleur. Moenie net onder die stortkop staan nie – belê in ’n geskikte borsel of ’n elektroniese reiniger sodat jy jou décolletage kan diep reinig en vuiligheid kan verwyder. Behandel dié gedeelte net so goed soos jy jou gesig oppas!

Lees: Is jy besig om ’n dubbelken te kry? Keer dit só!

Skaf die regte produkte aan

As jy dink jy kan sommer jou gewone lyfroom gebruik om jou nek- en borsvel mooi ferm te hou, dink weer. Velsorg stop nie by jou ken nie; keer dat hierdie gedeelte die tekens van veroudering begin wys deur ’n spesiale room aan te skaf, of wend minstens jou gesigprodukte tot by jou bors aan.

Oefen jou nek

Terwyl jy jou produkte hier aanwend, is dit ook ’n goeie geleentheid om ’n paar strekke te doen om jou bors- en nekgedeelte ferm te hou. Wanneer jy room insmeer, kantel jou kop agtertoe, ontspan jou bolyf, en maak jou kaak oop en toe terwyl jy jou mond styf hou. Dit sal help om jou nekspiere te versterk en jou vel soepel hou.

FOTO: iStock/macniak

LEES OOK:

Goed wat jou ouer maak, van binne en buite

Gaan jy langer jonger lyk as jy op jou rug slaap?

5 mites oor velveroudering ontbloot!

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Pluk jy aan jou vel? Dis meer as net ’n slegte gewoonte

Dermatillomanie: Hoe jou angstigheid jou vel kan beïnvloed

Close