×
Skakel na Engels

Werk weer lekker

Dié vyf stappe sal jou help om van vooraf jou werk te geniet

Wanneer jy begin negatief raak oor jou werk, is dit tyd om dit weer vir jouself lekker te maak.

Dié vyf stappe sal jou help om van vooraf op jou werk verlief te raak:

  

1. Bly positief

Selfs al is dit hoe moeilik. Daar is niks meer dreinerend as negatiwiteit nie. Spandeer eerder jou energie aan iets wat jou situasie kan verbeter. Wees op jou hoede vir situasies by die werk wat jou bui beïnvloed sodat jy dit kan vermy of ’n   manier kan vind om dit te hanteer.

 

2. Wees dankbaar

Daar is soveel mense wat nie ’n werk het nie. Dink ook aan ander goeie dinge by die werk waarvoor jy kan dankbaar wees, al is dit net daardie oulike kollega wat gereeld saam met jou middagete eet.

 

3. Probeer iets nuuts

As jy hoor dat jou maatskappy ’n  nuwe projek aanpak, bied aan om te help of deel te raak daarvan. Daar is niks so lekker soos ’n  nuwe uitdaging nie. Dit kan jou in aanraking bring met nuwe mense, jou help om nuwe vaardighede aan te leer, en so raak jy weer kreatief en geïnspireerd.

 

4. Geniet dit

Doen elke dag iets wat vir jou lekker is, al is dit net om roomys vir middagete te eet. Onthou dié gevoel en laat dit jou deur die dag dra.

 

5. Dink terug

Dink weer aan hoekom jy in die eerste plek aansoek gedoen het vir die werk, wat dit vir jou aanloklik laat lyk het en hoe jy daaroor gevoel het. Probeer om weer só oor jou werk te voel deur nuwe “aanloklikhede” te soek.

 

Onthou dat jou werk nie jou lewe is nie. Gee al die plantjies – familie, vriende en jouself – water en jy sal sien hoe jou geluk en tevredenheid groei.

Bron: Die Voelgoed Boekie (Carpe Diem Media)

 

Lees ook:

Is jou werkstasie ’n pyn in die nek?

Vyf beroepswenke vir vroue

Vyf goue reëls vir mense wat van die huis af werk

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Sit-sit so

Dis ’n moet in enige blyplek, veral in klein ruimtes waar dit weggepak kan word of op die ingewing van...

Close