×
Skakel na Engels

Werk slim

Jy het die kinders se skryfbehoeftes en skoolbenodighede reggekry, maar wat van jou eie kantoorbehoeftes? Ons het ’n paar goed uitgesoek waarmee jy die nuwe jaar op ’n goeie noot kan begin

 

 

’n Flip File is ’n moet om jou gunstelingblaaie van tydskrifte, koerantknipsels of resepte in te bêre. Maak jou lêer mooi deur ’n A4-vel patroontjiepapier voor in die omslag te plaas. R50, Waltons

 

Die stewige Bankers Box is ideaal om jou lessenaar of kantoorkas mee te organiseer. Gebruik dit as ’n inboks of vir velle papier en ander skryfbehoeftes. R175,  CNA 

 

’n Notaboek is noodsaaklik om tred te hou van alles wat jy gedoen moet kry. Ons hou van dié verpersoonlikte joernale. R210, Love Letters Stationery

 

Maak dié muurkalender vol met jou gesin se gunstelingfoto’s – ’n lekker praktiese geskenk vir jouself! R380, Macaroon

 

Kodeer jou doenlysies volgens kleur met Staedtler Triplus Fineliners. R50 vir ’n pak van 10, Makro

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kry jou kinders opgewonde oor skool

Maak dit vir jou kinders (en jouself!) makliker om terug skool toe te gaan

Close