×
Skakel na Engels

WEN ’n kolwyntjie-bakstel van Le Creuset ter waarde van R1 240

Le Creuset

Een gelukkige leser sal ’n kolwyntjie-bakstel van Le Creuset wen met vergunning van Goeie Huishouding en Le Creuset.

Le Creuset is bekend vir hul pragtige en kleurryke kookware, breekgoed en kombuisnoodsaaklikhede. Met Moedersdag om die draai is dit dalk ’n goeie idee om ’n bietjie na hul luukse produkte te kyk om vir Ma ietsie te soek. As jou ma op haar gelukkigste in haar kombuis is, is Le Creuset se kolwyntjie-bakstel die ideale geskenk!

Hierdie stel sluit al die noodsaaklike gereedskap in wat jy nodig het om muffins, kolwyntjies, brioche en verskeie ander soet en soutige lekkernye te bak. Dit bestaan uit ’n 12-holte-muffinpan, ’n middelslag-silikoonspatel en ’n mengbak.

Kyk uit na Le Creuset se Moedersdag-aanbiedinge in hul takke landswyd. Jy sal spesiale afslag op alles van hul kleurryke gietysterware tot hul erdeware en versterkte kleefvrye produkte en meer kry. Alle Moedersdag-aanbiedinge geld tot 14 Mei 2017.

Kliekk HIER vir nog inligting oor die spesiale Moedersdag-aanbiedinge. Besoek #LeCreuset vir nog inligting oor hul produkte of volg @LeCreusetSA op Instagram, Facebook en Twitter

VRAAG: Watter Le Creuset-items kan jy in dié kompetisie wen?

SLUITINGSDATUM: 31 Mei 2017

Hierdie kompetisie is gesluit.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
WEN 1 van 14 laserbehandelings vir onderarmhaarverwydering ter waarde van R690 elk!

14 gelukkige lesers kan elkeen ’n laserbehandeling vir onderarmhaarverwydering met vergunning van Goeie Huishouding en The Laser Beautique wen. Haarverwydering...

Close