×
Skakel na Engels

Wen ’n Africa Rising-hangertjie ter waarde van R3 800 van Legacy Collection!

Legacy

Een gelukkige leser kan ’n Africa Rising-hangertjie ter waarde van R3 800 wen, met vergunning van Legacy Collection en Goeie Huishouding!

Ter viering van Erfenisdag bied Legacy Collection lesers ’n kans om ’n stukkie plaaslike geskiedenis te besit in die vorm van ’n pragtige Africa Rising-hangertjie ter waarde van R3 800. Die handgemaakte hangertjie is geskep uit materiaal van die oorspronklike heining wat Robbeneiland omring het, is deel van ’n beperkte oplaag en kom met ’n unieke reeksnommer en ’n sertifikaat van oorspronklikheid.

Legacy Collection is ’n puik voorbeeld van waar ’n gebroke geskiedenis gebruik word om stories van hoop te skep! Elke ontwerp vertel ’n verhaal van Suid-Afrika se erfenis en spog met name soos Love, Peace, Rights, Justice en Hope.

Legacy Collection is deur Charmaine Taylor gestig, ’n geesdriftige vroulike entrepreneur wat graag plaaslike ondernemings ondersteun. Haar hele reeks is in Kaapstad geskep en sy gee ’n persentasie van haar verkope aan plaaslike werkskeppingsprojekte.

Charmaine is tans besig om ’n reeks met handgemaakte krale te skep. Die krale is meestal swart en wit om die Umbhaco-tradisie te verteenwoordig ter ere aan Nelson Mandela se Xhosa-agtergrond. Besoek www.legacycollection.org om van dié ontwerpe te koop.

’n Handjie vol handelaars hou hierdie besonderse skeppings aan, waar onder die Opulent Living Concept Store, die One&Only-hotel in Kaapstad, die La Residence and Boutique Gallery in Franschhoek, Royal Malewane in Mpumalanga en die Victoria Falls-hotel in Zimbabwe.

Vir nog inligting besoek legacycollection.org of volg Legacy Collection op Facebook, Twitter en Instagram.

Een gelukkige leser kan ’n Africa Rising-hangertjie van Legacy Collection ter waarde van R3 800 wen! Beantwoord eenvoudig die vraag hier onder:

VRAAG: Wat is die naam van die entrepreneur wat Legacy Collection gestig het?

SLUITINGSDATUM: 30 September 2017

Hierdie kompetisie is gesluit.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Wen 1 van 2 Environ Skin Care-geskenkpakke ter waarde van R3 065 elk!

Twee gelukkige lesers kan ’n Environ Skin Care-geskenkpak ter waarde van R3 065 elk wen, met vergunning van Goeie Huishouding en Environ...

Close