×
Skakel na Engels

WEN kunsgras van Nouwens Carpets en meer ter waarde van R7 038!

Een gelukkige leser kan kunsgras van Nouwens Carpets en meer wen met die komplimente van Goeie Huishouding en Nouwens Carpets
Nouwens komp

Hallo, 2018! Kikker dinge in die nuwe jaar op met Nouwens Carpets, een van die toonaangewers in die Suid-Afrikaanse matbedryf. 

En hulle bied veel meer as net binnenshuise matte! Nouwens Carpets het onlangs ’n fantastiese reeks kunsgras bekendgestel wat ontwerp is om teen alle weertoestande weerstand te bied. Hierdie sintetiese grasperk is heeljaar lank groen en jy hoef nooit onkruid uit te trek, gras te sny, dit water te gee of gras te saai nie. Dis sag, lyk natuurlik en word van poliëtileen-gare gemaak, wat vlekbestand en kleurvas is. Dié kungras is ook anti-allergeen en antimikrobies, wat dit die perfekte materiaal maak om ’n ruimte te skep waar jou kinders en troeteldiere veilig kan speel.

Hierdie fantastiese prys sluit 10 m² kikoejoe-kunsgras en installering in, asook ’n Trekker-braaistel en ’n groen keramiek-braaipotjie.

Poytjie Pot

Besoek www.nouwenscarpets.co.za vir nog inligting oor Nouwens Carpets.

Een gelukkige leser kan kunsgras van Nouwens Carpets WEN, asook ’n Trekker-braaistel en ’n groen keramiek-braaipotjie ter waarde van altesaam R7 038! Beantwoord net hierdie maklike vraag.

Vraag: Van watter soort gare word Nouwens Carpets se kunsgras gemaak?

Sluitingsdatum: 31 Januarie 2018

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
WEN 1 van 8 Plush-terug-skool-toe-geskenkpakke met skoensorgprodukte ter waarde van R1 000!

Agt gelukkige lesers kan elkeen ’n Plush-geskenkpak met skoensorgprodukte ter waarde van R1 000 wen met die komplimente van Goeie...

Close