×
Skakel na Engels

WEN kaartjies om A Bad Moms Christmas te sien!

Hier is ’n kans om dubbelkaartjies te wen om A Bad Moms Christmas te sien, met vergunning van Goeie Huishouding en Times Media Films
WIN_Movie Night

Hulle is terug! As jy die fliek Bad Moms met Mila Kunis as Amy, Kristen Bell as Kiki en Kathryn Hahn as Carla geniet het,  sal jy dol hieroor wees. A Bad Moms Christmas is hier om daardie selfde ma-gees aan die Kersvakansie te gee.

Hierdie keer kry ons geliefkoosde slegte ma’s ’n vakansiebesoek van hul eie ma’s, met Cheryl Hines as Kiki se ma, Christine Baranski as Amy se ma en Susan Sarandon as Carla se ma. Ook weer in die rolverdeling uit die vorige fliek is Jay Hernandez, Oona Laurence, Emjay Anthony en Wanda Sykes, saam met die nuwelinge Peter Gallagher en Justin Hartley wat hulle by hierdie twee generasies ma’s in die chaos van die vakansieseisoen aansluit.

A Bad Moms Christmas volg die drie ondergewaardeerde en oorbelaaide ma’s waar hulle teen die uitdagings en verwagtings van Kersfees rebelleer. En asof dit nie moeilik genoeg is om ’n meer perfekte vakansie vir hul gesinne te skep nie, moet hulle dit doen terwyl hulle hul eie ma’s onthaal en vermaak. Teen die einde van die reis sal die drie ma’s herdefinieer hoe om die vakansie vir almal spesiaal te maak en ’n nader verhouding met hul eie ma’s ontwikkel het.

Kyk die lokprent vir ’n kans om dubbelkaartjies te WEN om A Bad Moms Christmas te gaan sien voordat dit in teaters begin draai. Beantwoord net die maklike vraag hier onder!

Die vertonings sal om 20:00 op 30 November 2017 by Ster-Kinekor in Sandton City in Johannesburg en om 20:00 op 30 November 2017 by Ster-Kinekor in Cavendish Square in Kaapstad plaasvind. A Bad Moms Christmas word van 1 Desember 2017 af in teaters landwyd vertoon. Kaartjies is beperk. Skryf dus nou in!

© 2017 STX Financing, maatskappy met beperkte aanspreeklikheid. Alle regte voorbehou.

Vraag: Wie speel Carla se ma in A Bad Moms Christmas?

Sluitingsdatum: 27 November 2017

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
WEN een van twee Daniel Wellington-geskenkpakke ter waarde van R4 294 elk!

Twee gelukkige lesers kan elkeen ’n Daniel Wellington-geskenkpak wen met vergunning van Goeie Huishouding en Daniel Wellington

Close