×
Skakel na Engels

WEN een van twee Daniel Wellington-geskenkpakke ter waarde van R4 294 elk!

WIN_Daniel Wellington

Twee gelukkige lesers kan elkeen ’n Daniel Wellington-geskenkpak wen met vergunning van Goeie Huishouding en Daniel Wellington

’n Horlosie is een bykomstigheid wat nooit uit die mode raak nie! Met Daniel Wellington se jongste toevoeging tot die Classic Petite Collection, Petite Bondi, sal jy altyd stylvol lyk.

Die klassieke ontwerp van die Petite Bondi is perfek vir die moderne minimalis. Dié ultradun horlosie rus delikaat op die arm en het ’n eierdopwit gesig. Dit is in roosgoud of silwer beskikbaar en is waterbestand tot 3 atm, wat dit spat- en reënbestand maak.

Die Classic Cuff is ’n armband wat ontwerp is om die skoonheid van die Classic Collection-horlosies te komplementeer en weerspieël.

Die Daniel Wellington Petite Bondi-roosgoudhorlosie se kleinhandelsprys is R3 299 en die silwerhorlosie s’n R3 199.

Die prys bestaan uit ’n silwer- Daniel Wellington Petite Bondi-horlosie en ’n silwer- Daniel Wellington Classic Cuff.

Besoek www.tregergroup.co.za vir nog inligting oor Daniel Wellington-horlosies en -armbande of volg Daniel Wellington op Pinterest, @danielwellington op Instagram en @danielwellingtonofficial op Facebook.

Twee gelukkige lesers kan elkeen ’n Daniel Wellington-geskenkpak ter waarde van R4 294 WEN! Beantwoord net hierdie maklike vraag.

Vraag: Tot watter Daniel Wellington-reeks behoort die Petite Bondi-horlosie?

SLUITINGSDATUM: 30 November 2017

Hierdie kompetisie is gesluit.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
WEN ’n koningingrootte-Dynamic Therapaedic Superior-basisstel van The Bed Shop ter waarde van R8 000!

Een gelukkige leser kan ’n koningingrootte-Dynamic Therapaedic Superior-basisstel met vergunning van Goeie Huishouding en The Bed Shop wen Met ons...

Close