×
Skakel na Engels

Wen 1 van 9 Pongrácz-geskenkpakke ter waarde van R560 elk!

Pongratz

Nege gelukkige lesers kan elk ’n geskenkpak ter waarde van R560 van Pongrácz wen, met vergunning van Goeie Huishouding en Pongrácz!

Nege gelukkige lesers kan elk ’n geskenkpak ter waarde van R560 van Pongrácz wen ter viering van Erfenisdag. Pongrácz word op die tradisionele Franse manier, maar trots hier op eie bodem gemaak. In elke geskenkpak is twee van Suid-Afrika se geliefkoosde méthode cap classiques: Pongrácz Brut en Rosé, wat albei ewe fantasties is!

Dié MCC is in 1990 bekendgestel ter ere aan die pioniersgees en lewenswerk van die wingerdboukundige Desiderius Pongrácz. Dit word van twee druifvariëteite naamlik pinot noir en chardonnay gemaak.

Pongrácz Brut is ’n klassieke vonkelwyn met ’n besonderse elegansie en kompleksiteit, terwyl Pongrácz Rosé ewe sag op die tong as op die oog is met ’n geur van rooibessievrugte en ’n mooi salmpienk skynsel.

Die Pongrácz-geskenkpak bevat:

Twee bottels Pongrácz Brut

Twee bottels Pongrácz Rosé

Die Pongrácz-reeks is in verskeie supermarkte en boetiekwynwinkels beskikbaar of by www.vinoteque.co.za. Vir nog inligting besoek www.pongracz.co.za of volg Pongrácz op Twitter, Facebook en Instagram.

Nege gelukkige lesers kan elk ’n geskenkpak ter waarde van R560 van Pongrácz wen, met vergunning van Goeie Huishouding en Pongrácz! Beantwoord eenvoudig die vraag hier onder:

VRAAG: In watter jaar is Pongrácz bekendgestel?

SLUITINGSDATUM: 30 September 2017

Hierdie kompetisie is gesluit.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Wen 1 van 2 Philips Viva Collection Airfryers ter waarde van R2 000 elk!

Twee gelukkige lesers kan elk ’n Philips Viva Collection Airfryer ter waarde van R2 000 wen, met vergunning van Goeie...

Close