×
Skakel na Engels

WEN 1 van 8 Plush-terug-skool-toe-geskenkpakke met skoensorgprodukte ter waarde van R1 000!

Agt gelukkige lesers kan elkeen ’n Plush-geskenkpak met skoensorgprodukte ter waarde van R1 000 wen met die komplimente van Goeie Huishouding en Plush
Plush komp

Hallo, 2018! Die nuwe jaar bring ’n nuwe begin, en daar is nie ’n beter tyd om vir jou kinders se nuwe skooljaar te begin voorberei nie. Plush se skoensorgreeks het die perfekte produkte om hul skoolskoene op te kikker, beskerm en nuut te laat lyk!

Laat jou kinders se skoolskoene feitlik nuut lyk met hierdie fantastiese Plush-skoensorgprodukte:

Plush Instant Shoe Shine Sponge

Hierdie skoenpoetser maak skoene maklik blink en verwyder stof en vuiligheid sonder dat jy ’n borsel of skoenpolitoer hoef te gebruik. Dié fantastiese produk help jou om skoene in ’n japtrap blink te maak. Die Plush Instant Shoe Shine Sponge is in swart en neutraal beskikbaar.

Plush Max Shoe Polish

Plush Max Shoe Polish het regte kleurtegnologie om jou skoene waterbestand te maak, dit te beskerm en die gehalte van jou skoene so lank as moontlik te verseker. Dié fantastiese politoer is in vier kleure beskikbaar – swart, bruin, neutraal en taankleur. Wend eenvoudig die politoer eweredig aan jou skoene aan en poets dit dan met ’n skoon, droë lap of borsel.

Plush Leather Cleaner

Hierdie produk is spesiaal geformuleer om leerskoene en ander leer- en sintetiese-leer-items skoon te maak, te poleer, voed en beskerm. Druk eenvoudig die skuim uit, smeer dit op die item wat jy wil skoonmaak en vryf dit met ’n lap om die item skoon te maak. Draai die lap om en poets.

Volg @PlushSA op Facebook  of @Plush_ZA op Twitter, of besoek Plush vir nog inligting oor Plush.

Jy kan een van agt gelukkige lesers wees wat ’n geskenkpak met Plush-skoensorgprodukte ter waarde van R1 000 wen! Beantwoord net hierdie maklike vraag:

Vraag: Watter Plush-skoensorgproduk is perfek om skoene in ’n japtrap blink te maak?

Sluitingsdatum: 31 Januarie 2018

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
WEN 1 van 8 Caribbean Tan-geskenkpakke ter waarde van R1 030 elk!

Agt gelukkige lesers kan elkeen ’n Caribbean Tan-geskenkpak WEN met die komplimente van Goeie Huishouding en Caribbean Tan

Close