×
Skakel na Engels

WEN 1 van 8 Plush-geskenkpakke met huisskoonmaakprodukte ter waarde van R1 000 elk!

Wen een van agt geskenkpakke met huisskoonmaakprodukte van Plush met vergunning van Goeie Huishouding en Plush

Plush is al vir langer as 50 jaar ’n huishoudelike naam in Suid-Afrika. Hulle is bekend as ’n spesialishandelsnaam in leer- en suèdesorgprodukte en het onlangs hul reeks na die huisversorgingskategorie uitgebrei om jou te help om jou huis spiekeries te laat lyk. 

En danksy drie splinternuwe produkte is die Plush Supreme-reeks huisskoonmaakprodukte nou selfs beter. Die vars en verfrissende skottelgoedseep, die veeldoelige roomreiniger en die ekstrasterk toiletreiniger is die perfekte toevoegings tot dié reeks. Laat jou huis eksie-perfeksie lyk met dié drie nuwe Plush-huisskoonmaakprodukte:

1. Plush Supreme Dishwashing Liquid: Hierdie fantastiese skottelgoedseep speel vinnig klaar met vuiligheid op skottelgoed, wat jou met silwerskoon breekgoed, eetgerei en glasware sal laat. 

2. Plush Supreme All Purpose Cream: Dié veeldoelige roomreiniger is spesifiek geformuleer om alle hardnekkige vuiligheid en taaiheid te verwyder. Dit is in vier geure beskikbaar: Lavender, Potpourri, Spring Fresh en Lemon. 

3. Plush Supreme Toilet Cleaner: Ons weet almal hoe belangrik ’n skoon huis vir jou gesin se gesondheid is, en hierdie skoonmaakmiddels sal jou help om jou toilet higiënies te hou. Die kragtige formule verwyder lelike vlekke in die bak en laat jou toilet skoon en vars lyk én ruik. Dit is in vier geure beskikbaar: Lavender, Potpourri, Spring Fresh en Lemon.

Vir nog inligting oor Plush volg @PlushSA op Facebook of besoek Plush.

Jy kan een van agt gelukkige wenners van ’n Plush-geskenkpak met huisskoonmaakprodukte ter waarde van R1 000 wees! Beantwoord eenvoudig die volgende vraag:

VRAAG: Watter nuwe Plush Supreme-produk speel vinnig klaar met vuiligheid op skottelgoed?

SLUITINGSDATUM: 30 September 2017

FOTO: iStock/pixelfit

Hierdie kompetisie is gesluit.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Wen 1 van 9 Pongrácz-geskenkpakke ter waarde van R560 elk!

Nege gelukkige lesers kan elk ’n geskenkpak ter waarde van R560 van Pongrácz wen, met vergunning van Goeie Huishouding en...

Close