×
Skakel na Engels

WEN 1 van 5 pare glimmende denimtekkies van FitFlop ter waarde van R1 500 elk!

Vyf gelukkige lesers kan elkeen ’n paar van FitFlop se glimmende denimtekkies wen met die komplimente van Goeie Huishouding en FitFlop
Fitflop Desember

Die somer is hier! Die son skyn en dis tyd om buite te wees en die feestyd te vier en te geniet. En om fantasties in die sonskynseisoen te lyk het jy ’n paar sjiek, gemaklike skoene nodig. FitFlop het die perfekte paar vir jou!

FitFlop-skoene is ontwerp om ’n kragtige kombinasie van biomeganika, gemak en mode te lewer. Die resultaat is sandale, skoene, tekkies en stewels wat ’n ongeëwenaarde ervaring van ligte kussingondersteuning en soolgemak verseker – sonder dat styl in die slag bly.

FitFlop se glimmende denimtekkies is in vier kleuropsies beskikbaar: wit, pienk, blou en swart. Dis ontwerp met FitFlop se soepel, superligte Anatomicush-midsole vir ongelooflike gemak, en sal ewe goed by ’n broek, jeans of ’n rok lyk.

sneakers

Besoek www.shoetopia.co.za vir nog inligting of volg FitFlop South Africa op Facebook en @fitflopsa op Instagram

Vyf gelukkige lesers kan elkeen ’n paar van FitFlop se glimmende denimtekkies ter waarde van R1 500 wen! Beantwoord net hierdie maklike vraag.

VRAAG: In hoeveel kleuropsies is FitFlop se glimmende denimtekkies beskikbaar?

SLUITINGSDATUM: 31 Desember 2017

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
WEN 1 van 8 Drostdy Hof Adelpracht-geskenkpakke ter waarde van R1 000 elk!

Agt gelukkige lesers kan elkeen ’n Drostdy Hof Adelpracht-geskenkpak met die komplimente van Goeie Huishouding en Drostdy Hof wen

Close