×
Skakel na Engels

WEN 1 van 3 koningingrootte-bedstelle en ’n geskenkpak met bykomstighede van The Bed Shop ter waarde van R42 000 elk!

Drie gelukkige lesers kan elk ’n koningingrootte-bedstel en ’n geskenkpak met bykomstighede met vergunning van Goeie Huishouding en The Bed Shop wen
The bed shop

Dis ’n nuwe jaar. Jou somerklerekas is vernuwe, jy het in nuwe huisgoed belê vir ’n vars aanslag en jy volg ’n gesonde eetplan. Het jy dalk iets vergeet? Hoekom nie jouself voorneem dat jy vanjaar voorkeur aan ’n goeie nagrus sal gee nie?

Met die Dynamic Hybrid Deluxe Gel-bedstel van The Bed Shop kan jy by jou Nuwejaarsvoorneme hou. Dié gemaklike, omdraaivrye bed het ’n Gel Memory Foam®-buitelaag, wat sagkens die vorm van jou lyf aanneem, ongeag die posisie waarin jy slaap. Die tweevoudige tegnologie kombineer termoreguleringjel en vormbare geheuespons.

Gel Memory Foam® bevat jelkrale om beter lugvloei te verseker wat jou koel laat bly deur die hitte weg van jou lyf af te gelei en só jou liggaamstemperatuur te reguleer. Hierdie unieke tegnologie help ook om rugpyn en -spanning te verlig wanneer jy op jou sy slaap deur jou gewig in ag te neem en jou ruggraat in lyn te hou. Geen meer pyne en skete wanneer jy soggens opstaan nie, net ’n goeie nagrus.

Kry die slaap wat jy nodig het om op jou beste te wees, elke dag. 

Besoek www.thebedshoponline.co.za vir nog inligting oor The Bed Shop of volg @TheBedShopSA op Facebook en @thebedshopSA op Twitter.

 Vraag: Wat is die naam van die jelgevulde buitenste laag van die dynamic Hybrid deluxe gel-bedstel?

Sluitingsdatum: 28 Februarie 2018

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
WEN 1 van 5 pare glimmende denimtekkies van FitFlop ter waarde van R1 500 elk!

Vyf gelukkige lesers kan elkeen ’n paar van FitFlop se glimmende denimtekkies wen met die komplimente van Goeie Huishouding en...

Close