×
Skakel na Engels

Wen 1 van 2 Environ Skin Care-geskenkpakke ter waarde van R3 065 elk!

Environ

Twee gelukkige lesers kan ’n Environ Skin Care-geskenkpak ter waarde van R3 065 elk wen, met vergunning van Goeie Huishouding en Environ Skin Care!

Environ Skin Care is daaraan toegewy om wêreldklas-skoonheidsprodukte te ontwerp wat ’n vrou se vel kan verbeter en versterk. Environ se kenners glo ’n mooi vel moet die norm wees, nie die uitsondering nie.

Vitamien A was nog altyd die kern en hoofbestanddeel van Environ se filosofie. Dis noodsaaklik in elkeen se daaglikse skoonheidsroetine omdat dit help om die vel gesonder en meer bestand te maak. Vitamien A werk saam met ander voedingstowwe soos antioksidante en peptiede om jou vel vir langer opsigtelik te verbeter.

Die Ionzyme® Range is Environ se premium Vitamin STEP-UP SYSTEM™-reeks. Die kragtige kombinasie van vitamiene A, C en E, antioksidante en peptiede werk saam om jou vel gladder, sagter en jonger te laat vertoon.

Die Environ Skin Care-geskenkpak bevat:

1. Ionzyme® C-Quence Cleanser: Dié reiniger is subtiel gegeur en bevat spesifieke bestanddele wat die vel vertroetel terwyl dit grimering en onsuiwerhede verwyder.

2. Ionzyme® C-Quence Toner: Hierdie verfrisser werk saam met die ander produkte om die tekens van veroudering en sonskade te beveg. Dit is met vitapeptiede verryk, wat help om die vel te bevog en dit vars laat voel.

3. Ionzyme® C-Quence Eye Gel: ’n Oogjel wat vinnig geabsorbeer word en wat vitamiene, antioksidante en peptiede bevat wat alles saamwerk om die sigbaarheid van fyn lyntjies rondom die oë te verminder.

4. Ionzyme® C-Quence Crème: Dié room bevat verskeie antioksidante soos vitamiene C en E. Dit beveg velskade en bevog die vel, en dit kan ook as ’n ekstra bevogtiger gebruik word.

5. Ionzyme® C-Quence Serum 1: Dit is die eerste stap in die STEP-UP SYSTEM™ en bevat die laagste konsentrasie van vitamiene en antioksidante. Die serum beveg die sigbare tekens van veroudering deur die vel jonger te laat vertoon.

6. Ionzyme® Focus Frown Serum: Hierdie serum verminder die sigbaarheid van uitdrukkingslyne soos plooie op jou voorkop, fronslyne en lagplooitjies langs jou oë. Dit is met ’n supergekonsentreerde kombinasie van peptiede verryk.

Vir nog inligting oor #EnvironSkinCare-produkte, besoek www.environskincare.com. Volg @EnvironSkinCareZA op Facebook of @Environ_Global op Twitter. 

Twee gelukkige lesers kan ’n Environ Skin Care-geskenkpak ter waarde van R3 065 elk wen! Beantwoord eenvoudig die vraag hier onder:

VRAAG: Hoeveel is elke Environ Skin Care-geskenkpak werd? 

SLUITINGSDATUM: 30 September 2017

Hierdie kompetisie is gesluit.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Wen 1 van 10 brood- of veeldoelige messe ter waarde van R900 elk van Panorama Knife!

10 gelukkige lesers kan elk een van vyf broodmesse of een van vyf veeldoelige messe ter waarde van R900 wen,...

Close