×
Skakel na Engels

Wen 1 van 10 brood- of veeldoelige messe ter waarde van R900 elk van Panorama Knife!

Panorama Knife

10 gelukkige lesers kan elk een van vyf broodmesse of een van vyf veeldoelige messe ter waarde van R900 wen, met vergunning van Goeie Huishouding en Panorama Knife!

Met Erfenisdag om die draai word Suid-Afrikaners oor die land heen aangemoedig om hul kultuur en die diversiteit van ons land en tradisies te vier. Party van ons hou daarvan om hierdie dag met ’n lekker braai saam met vriende en familie te vier. En so lief soos ons vir braai is, is daar ook ’n spesiale plekkie in ons hart vir oudpresident Nelson Mandela en die wêreldbekende Tafelberg!

Die riffelkant van Panorama Knife se brood- en veeldoelige mes lyk soos die buitelyne van Kaapstad se unieke bergreeks en sluit die ikoniese Tafelberg in, wat oor Tafelbaai van Robbeneiland af sigbaar is. Die Tafelbergmes is Suid-Afrika se weergawe van die bekende Switserse “panorama”-meskonsep, wat deur twee Suid-Afrikaners tydens ’n braai in Switserland ontdek is.

Die messe is van Switserse gehalte en word deur ’n familie-onderneming met die hand in Italië gemaak. Dis meer as net mooi kombuisgerei; dis ’n vlymskerp mes wat jy elke dag kan gebruik, en elke keer dat jy dit gebruik, sal jy herinner word aan die ryk erfenis van jou land.

10 gelukkige lesers kan elk een van 10 brood- of veeldoelige messe ter waarde van R900 van Panorama Knife wen! Beantwoord eenvoudig die vraag hier onder:

VRAAG: In watter land word hierdie messe van Switserse gehalte vervaardig?

SLUITINGSDATUM: 30 September 2017

Hierdie kompetisie is gesluit.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Wen ’n 57 cm-Weber Mastertouch met ’n gourmet-braaistelsel en vyf resepteboeke ter waarde van R5 300!

Een gelukkige leser kan ’n 57 cm-Weber Mastertouch met ’n gourmet-braaistelsel en vyf resepteboeke ter waarde van R5 300 wen! Een...

Close