×
Skakel na Engels

Weet jy wat is in jou tampons?

Jy moet. Lees hier hoekom
tampons

Daar was die laaste paar jaar heelwat ontwikkelinge op die gebied van menstruasie en vrouegesondheid, en gevolglik meer opsies wanneer dit kom by hoe om jou maandstonde te hanteer. Daar is nou meer produkte tot ons beskikking, van menstruasiekoppies tot organiese doekies en tampons, asook meer inligting oor wat in ons vagina behoort in te gaan en wat nie, en hoekom. Maar is al die swak persreaksie rondom gewone menstruasieprodukte, soos die nederige tampon, net ’n bemarkingsfoefie of steek daar waarheid in?

Kampvegters vir vrouegesondheid het diepgaande navorsing oor vrouehigiëneprodukte gedoen en die resultate was ietwat ontstellend. Lees hier wat jy moet weet oor wat in jou tampons is, hoekom jy besorg moet wees, en of jy dit moet oorweeg om na meer ekovriendelike en gesondheidsvriendelike alternatiewe oor te slaan.

Lees: Maandstonde-verlof kan dalk ’n werklikheid word

Ongereguleerde bestanddele

Sanitêre produkte val onder die kategorie “mediese advies”, wat beteken maatskappye wat dit vervaardig, is nie verplig om die bestanddele in doekies en tampons bekend te maak nie. Hoewel sekere handelsmerke kies om van die bestanddele op die boks te plaas, maak hulle dikwels nie alles bekend nie.

Daar is dus geen deursigtigheid nie. En aangesien baie tampons van katoen gemaak word wat in verbouing met plaagdoders en ander gevaarlike karsinogene behandel word, is ons seker vervaardigers gaan hul reg uitoefen om nie hierdie inligting aan die publiek bekend te stel nie, ondanks die risiko vir ons gesondheid.

Chloor en ander bleikmiddels

Deesdae spog baie handelsmerke wat organiese sanitêre produkte vervaardig op die verpakking dat dit chloorvry is, want die meeste bekende handelsmerke se produkte bevat chloor en ander bleikmiddels. Chloor word gebruik om die tampons wit te maak en enige grondstowwe te ontsmet. Dit klink dalk soos ’n goeie ding, maar sterk chemikalieë kan aan die vesels vasklou en dan in die liggaam geabsorbeer word.

Dit kan ernstige gesondheidsprobleme veroorsaak, van abnormale weefselgroei tot kanker. Hierdie vesels kan ook in die vaginale kanaal agterbly wanneer tampons verwyder word en ’n teelaarde vir bakterieë word of selfs toksieseskoksindoom veroorsaak, wat lewensbedreigend kan wees.

Lees ook: Dís wat jy moet weet wanneer jy besluit om die pil te los

Supersuiging

Ons vagina is regtig absorberend. Tampons absorbeer nie net baie van die vog wat ’n vagina nodig het om gesond te bly nie, maar as daar oorblyfsels van slegte chemikalieë op jou sanitêre produkte is, is daar ’n groot, amper besliste kans dat die liggaam dit sal absorbeer.

Dit is omdat die deurlatende slymvliese in die vagina – wat veronderstel is om ons teen bakterieë te beskerm – daardeur geïrriteer word en gifstowwe maklik kan absorbeer. En aangesien die langtermynuitwerking van die chemikalieë in tampons op ons liggaam nog onbekend is, is dit die risiko werd?

Wat moet jy dus doen?

Totdat die vervaardigers van vrouehigiëneprodukte gedwing word om deursigter te wees oor wat in hul produkte ingaan, is dit veiliger om na menstruele koppies en organiese produkte oor te skakel. As dit nie ’n haalbare moontlikheid is nie, moet jy jouself ten minste vergewis van die risiko’s wat tampongebruik inhou.

FOTO: iStock/gregory_lee

LEES OOK:

Maandstonde-bestande onderklere is hier

5 wenke oor hoe om met jou dogter oor haar maandstonde te praat

Antwoorde op jou lastigste vrae oor maandstondes

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
10 feite oor menopouse

Deborah Herd deel 10 dinge wat dokters wil hê jy moet weet

Close