×
Skakel na Engels

Weet jy waarvoor daardie stringe op piesangs is?

Dit het toe al die tyd ’n nut!
piesangs

Hetsy jy van piesangs hou of nie, sal jy waarskynlik saamstem dat daardie vreemde wit stringe ’n bietjie, wel, vreemd is, of hoe? En dit kan boonop irriterend wees wanneer jy dié vrug eet. Die groot vraag is dus: Wat is die doel daarvan?

Die stringe word “floeëm” genoem en die naam verwys na die tipe weefsel wat as die plant se vaskulêre stelsel dien, wat voedingstowwe op en af in die piesang beweeg namate dit groei. Daar het jy dit nou – so irriterend soos dit kan wees, het dié wit stringe toe wel ’n nut! 

Dr. Nicholas D. Gillitt, onderpresident van voedingsnavorsing en die hoof van die Dole Nutrition Institute in Amerika, het aan Huffington Post verduidelik: “Die floeëmbondels is heeltemal eetbaar en net so voedingryk soos die hoofdeel van die vrug. Trouens, die stringe bevat waarskynlik baie meer vesel as die res van die vrug.”

Al is dit dus nie die lekkerste deel van ’n piesang nie, dink volgende keer wanneer jy met daardie wit stringe gefrustreerd raak aan al die voordele van dié vrug, soos hierdie verrassende alternatiewe gebruike vir piesangs en piesangskille:

1. Vryf die binnekant van ’n piesangskil oor ’n insekbyt om die gejeuk te verlig en inflammasie te keer.

2. Vryf ’n piesangskil op huisplante se blare om dit mooi te laat blink.

3. Vryf die binnekant van ’n piesangskil oor jou tande vir sowat twee minute elke aand om dit natuurlik witter te maak. Jy behoort ná twee weke resultate te sien.

4. Piesangs help om droë, beskadigde hare te herstel, berig today.com. Druk ’n piesang fyn en voeg 1 e dik room en 1 e heuning by. Wend dit aan droë hare aan, bedek jou hare met ’n stortkep en draai jou kop in ’n warm handdoek toe. Los dit vir tot ’n uur en spoel die mengsel behoorlik met warm water af voordat jy dit met sjampoe was. 

FOTO: iStock/ileela

LEES OOK:

8 kosse om jou beter te laat slaap

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Keer só dat reën jou hare ruïneer

Want niemand wil soos ’n nat hoender lyk nie ;)

Close