×
Skakel na Engels

Wees saam gesonder

Stel jou maat as jou gesondheids- en fiksheidsvennoot aan – dis soveel makliker om ’n gesonde lewenstyl te volg as iemand dit saam met jou doen

 

1. Gaan jou BMI en middelmaat na

Jy kan nie sê of jy oorgewig is bloot deur te kyk na hoe jy lyk nie. Om jou liggaamsmassa-indeks (BMI) uit te werk, deel jou gewig in kilogram deur jou lengte in meter kwadraat. ‘n Gesonde BMI is tussen 18.5 en 24.9. ‘n BMI van 25 en meer is oorgewig, 30 en meer is vetsugtig, en 40 of meer is ernstig vetsugtig.

 

Deskundiges van Oxford University sê om vetsugtig te wees, is net so gevaarlik soos om jou lewe lank te rook. Esktra vetjies om die middel beteken ekstra vet rondom lewensorgane en ‘n toenemende risiko op hartsiektes en diabetes. Jou risiko op siekte raak groter as jou middelmaat 94cm (vir mans) en 84cm (vir vroue) oorskry – hoe groter die maat, hoe groter die risiko.

 

Wat kan jy doen?

Wend ‘n ernstige poging aan om daardie oortollige vetjies af te skud. Om net tussen 5 – 10% van jou totale gewig te verloor, kan jou risiko om tipe-2-diabetes op te doen verklein, jou cholesterolvlakke en bloeddruk verlaag, jou help om beter te slaap én gewrigspyne verminder.

 

 

2. Doen meer oefening

Min mense hou by die reël dat jy elke dag sowat ‘n halfuur moet oefen.

 

Wat kan jy doen?

Kry ‘n aktiwiteit wat julle albei geniet. Gaan stap ná ete, begin danslesse neem, of spring op ‘n fiets en gaan ry ‘n ent. Sweedse navorsers het vasgestel dat die voordele van matige oefening net so goed is as wat dit is om op te hou rook.

 

 

3. Rook een van julle?

Almal weet dat rook tot jou dood kan lei en dat die enigste gesonde opsie is om op te hou. Dit sal makliker wees as julle dit saam probeer, of as jy ten minste jou maat se ondersteuning het.

 

Wat kan jy doen?

Kyk ‘n bietjie watter hulp daar gratis beskikbaar is – steungroepe, geskrewe motiverings, sms’e, e-posse en hulplyne. Julle sal albei onmiddellik die verskil agterkom. Twintig minute ná die laaste sigaret sal jou bloeddruk en polsslag na normaal terugkeer; ná agt ure begin die risiko op ‘n hartaanval afneem. Binne 24 uur sal jy beter slaap, en ná 72 uur sal jou asemhaling verbeter. Binne nege maande kan longfunksie met tot 10% verbeter, en ná ‘n jaar sal die uitermatige risiko op koronêre hartsiekte met die helfte afgeneem het, en jou risiko op longkanker gedaal het.

 

Lees nog:

Vyf algemene dieetfoute wat vroue maak

Hoeveel kilojoules verbrand jy?

Gee jou metabolisme ‘n hupstoot

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Ondersteun jou geheue en konsentrasie met Vital IQ Boost

Vital IQ Boost is ʼn kragtige aanvulling wat spesifiek geformuleer is vir die ondersteuning van geheue en konsentrasie

Close