×
Skakel na Engels

Weeklikse maaltydplan – plus ’n nagereg en Sondag-gebak!

Ons bestee tyd daaraan om ons werk, ons kinders se lewe en ons eie te beplan – hoekom moet kosmaak dan anders wees?

Beplan jou week se maaltye vooruit met hierdie weeklikse maaltydbeplanner, wat ’n heerlike nageregresep en ’n gebakresep vir Sondag insluit.

Maandag: Parmesaan-portobello’s

Portobello Parmesan

Kies hierdie week ’n Italiaanse resep vir Vleislose Maandag. Dié parmesaan-portobellosampioene is maklik om te maak en smaak vorentoe met ’n glas witwyn sodat jy die begin van jou werkweek rustig kan benader.

Hier is die resep.

Dinsdag: Hoender-en-spinasieroerbraai met gemmer

Gingery Chicken & Spinach Stir-Fry

Probeer hierdie vinnige laevet-resep vir hoender-en-spinasieroerbraai met gemmer. Dis gesond, heerlik en maklik om te maak. Gebruik bruinrys vir meer vesel en vervang die kanola-olie met klapperolie of net water om ekstra-gesondheidsbewus te wees.

Hier is die resep.

Woensdag: Dauphinoise met mosterd en uie

Mustard & Onion Dauphinoise

Hierdie vullende dauphinoise met mosterd en uie verg ’n bietjie tyd en moeite, maar dit bied die ideale geleentheid vir die gesin om in die kombuis tyd saam deur te bring terwyl julle aandete maak.

Hier is die resep.

Donderdag: Hoenderpastei

Chicken Pot Pie

Die hele gesin sal dol wees oor hierdie hoenderpastei, wat jy binne 40 minute aanmekaar kan slaan. Wees kreatief met die groente wat jy daarby voeg – gebruik wat jy in jou yskas en spens het.

Hier is die resep.

Vrydag: Hoender-en-kaasburgers

BBQ-Chicken Burgers

’n Mens is nie altyd op ’n Vrydag lus vir kosmaak nie, maar met hierdie hoender-en-kaasburgers sal jy dit nie eens oorweeg om wegneemkos te kry nie.

Hier is die resep.

Saterdag: Aartappels met hoendervulsel

Chicken-stuffed Spuds

Hierdie gevulde aartappels kan in minder as ’n halfuur berei word. Dis heerlik vullend en voedsaam, en dis boonop so maklik om te maak.

Hier is die resep.

Sondag: Maklike vleisbrood met sousbone

Easy meatloaf with baked beans

Hierdie maklike vleisbrood met sousbone is ’n heerlike gereg waarmee jy kan eksperimenteer. Dis ideaal vir ’n luilekker Sondagmiddagete.

Hier is die resep.

Nagereg: Roomysbroodjies

Ice-Cream Sandwiches

Met net drie bestanddele kan jy in ’n japtrap ’n heerlike nagereg hê. Hierdie resep is ideaal vir daardie dae wanneer jy onverwags gaste vir aandete kry – of sommer net wanneer jy lus is vir ietsie soets.

Hier is die resep.

Sondaggebak: Soutkaramel-en-sjokoladetert

Salted-Caramel-Chocolate-Tart

Sondag is gesinsdag, meestal ’n stil, rustige dag waarop ons vir die volgende week beplan en voorberei. Dit is egter ook ’n dag om iets lekkers te bak. Probeer hierdie soutkaramel-en-sjokoladetert hierdie Sondag.

Hier is die resep.

LEES OOK:

Ja, jy kán nageregte vries!

Gesinsvriendelike resepte vir die week

4 planne met quinoa

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Smaaklike weeklikse maaltydplan met ’n heerlike nagereg en Sondag-gebak

Dis ’n plesier!

Close