×
Skakel na Engels

Watter kleur lipstiffie pas jou? Voltooi gou hierdie vraelys

Ons help jou om die perfekte skakering te kies
lipstiffie quiz

 

Met so baie kleurkeuses kan dit vir ’n lipstiffieliefhebber moeilik wees om die kleur te kry wat haar op elke manier komplementeer.

Vul gou ons vraelys in om vas te stel watter kleur lipstiffie jou die beste pas. Hou ook ons wenke in gedagte vir wanneer jy ’n goeie lipstiffie wil koop:

  1. Vind uit wat jou vel se ondertoon is

    Het jou vel ’n koel of warm ondertoon? Is jy nie seker nie? Dink só daaroor: Is jou vel eerder geel as pienk? Is die sigbare are op jou arms meer groen as blou? Dit beteken jy het ’n warmer veltoon. Wanneer jou vel blou of pienk ondertone het en die are onder jou vel blou lyk, beteken dit jy het ’n koel ondertoon.

  2. Oorweeg die natuurlike kleur van jou lippe

    As jy ’n neutrale, natuurlike lipstiffie wil hê, is dit belangrik om dit met jou lippe se natuurlike kleur te vergelyk. As ’n neutrale skakering ligter as die kleur van jou lippe is, kan dit jou bleek laat lyk.

  3. Kyk na die formule

    Dit maak nie saak hoe mooi die skakering van die lipstiffie aan jou lyk nie, dit sal onder in jou grimeerlaai beland as die formule nie vir jou lippe werk nie. Is jou lippe geneig om baie droog en skurf te wees? Vergeet dan van ’n produk met ’n baie mat formule. Dit sal gedurende die dag afskilfer. Verkies jy iets wat heeldag sal aanbly? ’n Romerige, effens deursigtige formule sal nie vir jou werk nie.

  4. Dink oor jou persoonlikheid en leefstyl

    Die gesegde dat daar ’n treffende rooi lipstiffie daar buite is wat elkeen sal pas, is waar, maar as ’n helder kleur nie by jou persoonlikheid pas of nie by jou alledaagse lewe inpas nie, help dit nie om ’n kleur te kies wat jy nie gaan dra nie. As jou werk bedags ’n sekere soort kleredrag vereis, sal jy nie elke dag ’n helder fuchsia lipstiffie dra nie. As jy ’n sweempie kleur verkies sonder om dit te oordoen, kies ’n effens deursigtige formule.

    Voltooi nou die vraelys!

Hooffoto: iStock/YakobchukOlena 
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief