×
Skakel na Engels

Wat werklik van die vet word wanneer jy gewig afskud

HOE het ons nooit voorheen hiervan geweet nie? Deur Catriona Harvey-Jenner
vet

 

As jy mooi daaroor dink, is gewigsverlies eintlik ’n misterieuse ding. Die een oomblik dra jy ’n paar ekstra kilo’s saam, maar nadat jy vir ’n ruk lank gesond geëet en geoefen het, is jy sowaar fisiek kleiner. 

Wat word dus van al die vet?

Jy verbeel jou dalk hoe die bolletjies vet eenvoudig bars of wegsmelt, maar dis allesbehalwe wat gebeur. “Die regte antwoord is dat die meeste van die vetmassa as koolstofdioksied uitgeasem word. Dit verdamp dus in die lug,” sê dr. Ruben Meerman. Ja, jy het reg gelees: Jy ásem vet uit. Dis eintlik ongelooflik.

(Ons sien al hoe jy skielik vinniger en harder begin asemhaal!)

Daar is blykbaar ’n 80/20-verdeling tussen vet wat hoofsaaklik deur jou longe uit jou liggaam gewerp word, met die orige vet wat deur urine, sweet en trane uitgeskei word.

Die proses …

As jy ’n bietjie skaam voel om te erken dat dit die eerste woord is wat jy hiervan hoor, moenie bekommerd wees nie – jy is nie die enigste een nie! Volgens die hoof van die UNSW School of Biotechnology and Biomolecular Sciences in Australië, prof. Andrew Brown, is daar talle dokters en dieetkundiges wat oortuig was dat vet in spiere omgeskakel word, of dat dit in energie of hitte omgesit en só “verbrand” word.

Ongelukkig sal dit nie help om jou volgende gimsessie oor te slaan en bloot vinnig te sit en asemhaal nie – as dít is hoe vet my liggaam verlaat, kan ek dit mos ’n bietjie aanhelp?! Nee, die vet moet deur ’n metaboliese proses gaan voordat dit uitgewerp kan word. Daar is egter ’n paar dinge wat jy nou kan begin doen om jou op die regte (gewigsverlies)pad te kry.

Die pad na gewigsverlies

“Eet meer groentegeregte, moenie vir langer as drie tot vier uur sonder kos gaan nie, en vermy suikerryke koeldrank om kalorieë van versteekte bygevoegde suikers uit jou dieet te sny,” sê die Good Housekeeping-insituut in die VSA se voedingsdirekteur, Jaclyn London. “Begin jou pad na gewigsverlies deur klein, volhoubare doelwitte te stel wat by jou leefstyl inpas en jou eindelik sal help om jou teikengewig te bereik op ’n manier wat nie geforseerd voel nie, maar prettig!”

Van: goodhousekeeping.com

Foto: iStock/kali9

LEES OOK:

Laevet- vs. laekoolhidraatdiëte: Wat werk beter vir gewigsverlies?

5 redes hoekom jy nie die kilo’s afskud nie

10 kosse wat vet verbrand

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Is jy besig om ’n dubbelken te kry? Keer dit só!

Hou die vel op jou nek en ken mooi ferm

Close