×
Skakel na Engels

Wat sê jou motor se kleur van jou?

Die kleur van jou motor sê baie van jou … Deur Juliet McGuire
motor se kleur

Net soos met die klere wat jy dra, is daar niks toevalligs of spontaan aan jou keuse van ’n motor nie. Hetsy dit splinternuut of tweedehands is, die kleur en styl van jou geliefde ryding is ’n weerspieëling van jouself.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Jou motorkleur:

Wit

’n Wit motor dui op ’n skoon, vars uitkyk op die lewe. Jy is waarskynlik op detail ingestel en floreer daarop om jou ryding skoon te hou.

Silwer

Jy is baie op jou gemak, kan ’n groep mense subtiel infiltreer en die gasheer se aandag steel. Jy slaag uitstekend daarin om by die mense rondom jou in te skakel en kan maklik met jou portuur op hul vlak omgaan, selfs al is jy glad nie soos hulle nie.

Rooi

Jy is dol oor die opwinding van spoed en aksie. Maak nie saak wat ander mense sê nie, jy pak enige uitdaging met selfvertroue aan.

Swart

Jy straal mag en status uit; geen wonder swart is die gewildste keuse vir luukse voertuie nie. Jy sal jou nie maklik laat manipuleer nie en jy het ’n voorkeur vir klassieke modelle.

Uit: WOW

FOTO: iStock/nonnie192 

LEES OOK:

Wenke om veilig in die reën te bestuur

Leer hoe om ’n wiel te ruil met hierdie vinnige en maklike stappe:

Gids tot bestuursveiligheid gedurende sonop en sononder

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
8 wenke vir wanneer jy in die reën moet bestuur

Dis klein aanpassings wat ’n groot verskil kan maak ... Deur Caira-Lee Durand

Close