×
Skakel na Engels

Wat jy moet weet voordat jy ’n kollageenaanvulling gebruik

Kom skoonheid van binne af?
Kollageenaanvulling

Teen dié tyd weet ons almal dat kollageen, ’n bestanddeel in baie gesigrome, die proteïen is wat vir ’n plomp, stralende vel verantwoordelik is. Maar die aminosure waaruit kollageen bestaan, is nie net iets wat ekstern aangewend kan word nie – dit kan ook in die vorm van aanvullings geneem word.

Hierdie aanvullings raak al hoe meer gewild, want dit is vir mense belangrik om hul voorkoms ook van binne af te verbeter. Lees hier wat jy moet weet voordat jy dit begin gebruik.

Daar is verskillende tipes kollageen

Daar is verskeie tipes kollageen wat uit verskillende peptiede of aminosure saamgestel is, en dis belangrik om ’n produk met ’n soort kollageen te gebruik wat spesifiek op jou vel gerig is. Vegetariërs kan ook daarop let dat die meeste kollageen van diereprodukte soos visskubbe, diervelle en bene afkomstig is.

Lees: Hoekom kollageen goed vir jou gewrigte is

Daar is heelwat gesondheidsvoordele

Ons liggame benodig kollageen vir sterk senings en kraakbeen, en velgroei. Hierdie proteïen is dus nie net goed is vir ons vel nie, maar hou ook gesondheidsvoordele onder die oppervlak in. Daar is onlangs bevind dat dit ook dermgesondheid bevorder.

Dit neem soms ’n tydjie voordat dit werk

Baie mense wat ’n kollageenaanvulling begin gebruik, wil weet wanneer hulle resultate sal begin sien. Resultate kan egter verskil en dit kos geduld voordat daar enige sigbare veranderings is. Die meeste gebruikers rapporteer dat hulle ná vier maande ’n verskil in hulle hare, vel en naels opmerk.

Lees: Wat is dermarolling en hoe kan jou vel daarby baat vind?

Ons het dit nodig

Teen die tyd dat ons 40 is, kan ons liggaam nie meer byhou met kollageenproduksie nie. Om ’n aanvulling te neem is dus die ideale manier om seker te maak dat ons genoeg aminosure opneem om gesond en soepel te bly, en ons vel stralend te hou. 

Die skoonheidsvoordele is legio

Alhoewel die liggaam in sy geheel by kollageen baat, is dit veral voordelig vir die vel. Die hoofrede waarom ons met die jare plooie kry, is omdat die gebrek aan kollageen maak dat die vel pap en sakkerig raak namate dit elastisiteit en plompheid verloor. Kollageenaanvullings blyk plooie dramaties te verminder, soms tot 20%.

FOTO: iStock/Yuri_Arcurs

LEES OOK:

Die waarheid oor pille vir ’n mooi vel

Kollageenaanvullings: Kan jou vel daarby baat vind?

Gaan jy langer jonger lyk as jy op jou rug slaap?

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
10 maniere om aanvullings met natuurlike voedingstowwe te vervang

Jou vermoë om sommige vitamiene en minerale op te neem word met die ouderdom minder, maar aanvullings is nie jou...

Close