×
Skakel na Engels

Wat jy moet doen as jou foonskerm beskadig is

Het jy jou slimfoon se skerm gebreek of beskadig? Die Good Housekeeping Institute het ’n paar nuttige wenke oor wat jou te doen staan … Deur Carrie-Ann Skinner
foonskerm

O, die pyn en lyding! Die meeste slimfone kos honderde of selfs duisende rande en ’n stukkende skerm is hartverskeurend – en moontlik gevaarlik indien die skerm so erg beskadig is dat glasskerfies begin uitval. Ongelukkig het 45% van ons dit al ervaar, en ’n derde van ons erken dat dit nie die eerste keer is nie …

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog. 

Maar daar is hoop. Indien die ergste pas gebeur het, is die UK Good Housekeeping Institute hier om jou met praktiese raad by te staan.

Vinnige herstel

Assesseer die skade. As die skerm een kraak het, kan jy ’n skermbeskermer aanskaf. Die klewerige lagie sal die skerm bedek en keer dat enige glasskerwe uitval en jou moontlik beseer. Jy kan ’n skermbeskermer by ’n elektronika- of selfoonwinkel koop.

Moet jy die skerm vervang?

Dink mooi of jy die skerm moet vervang en of jy met die skade kan saamleef. As dit net ’n klein krakie is en deur ’n skermbeskermer beveilig word, is dit waarskynlik nie nodig om dit te vervang of ’n nuwe foon te koop nie. 

Indien jy die foon op kontrak gekoop het, oor hoe lank kan jy opgradeer? As dit net ’n paar maande is, is dit waarskynlik beter om te wag totdat jou kontrak verstryk en jy ’n nuwe een kan uitneem – én ’n spoggerige nuwe foon ontvang.

As jy regtig nie met die stukkende of gekraakte skerm kan saamleef nie, stel ons voor dat jy dit by ’n gelisensieerde persoon professioneel laat herstel. Die probleem met die naaste herstelwinkel is dat jy jou waarborg sal verloor.

Dek die koste

As jy foonversekering het, hetsy spesifieke toestelverskering of dekking deur jou huisversekering, is dit die moeite werd om uit te vind of jy vir toevallige skade gedek is. ’n Bybetaling gaan jou waarskynlik goedkoper uitwerk as om die herstelkoste direk te betaal. Maak seker dat enige herstelwerk, hetsy deur jou of deur jou versekeraar gereël, deur ’n gelisensieerde persoon gedoen word sodat jy nie jou toestel se waarborg verloor nie.

Uit: Good Housekeeping UK

FOTO: iStock/Manuel-F-O

LEES OOK:

4 maniere waarop jou slimfoon jou brein verander

Veiligheidswenke vir jou slimfoon

7 wenke vir hoe om die regte slimfoon te kies

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 goed om te doen voordat jy vir jou kind ’n slimfoon gee

Verseker dat jou kinders nie per abuis onvanpaste inhoud sien of reusagtige rekeninge veroorsaak nie

Close