×
Skakel na Engels

Wat jou kosdrange werklik beteken

Daar skuil dalk meer agter jou kosdrange as ’n blote gebrek aan wilskrag.
kosdrange

Dis nog skaars 09:00 en jy is klaar lus vir enige iets wat met sjokolade bedruip is – ’n oliebol, ’n muffin, noem maar op! Jou eerste gedagte is waarskynlik: Hoekom kan ek nie net één dag mooi gesond eet nie?! Maar het jy al ooit daaraan gedink dat daar dalk meer agter jou kosdrange skuil as ’n blote gebrek aan wilskrag?

Ja, asof jy nie genoeg het om oor te dink en jou oor te kwel nie, maak jou liggaam die lewe net so rapsie moeiliker – waarna dit smag en wat dit nodig het, is twee verskillende goed. Ons het ’n nuttige gids saamgestel oor wat jy werklik behoort te eet wanneer jou liggaam na lekkers, skyfies, koffie en meer hunker.

Jy smag na … sjokolade

WAT JY NODIG HET: Magnesium

EET EERDER DÍT: Neute, sade, vrugte (soos piesangs)

Jy smag na … lekkergoed

WAT JY NODIG HET: Chroom, fosfor, triptofaan, sulfer, koolstof

EET EERDER DÍT: Druiwe (chroom), neute (fosfor), rosyntjies (triptofaan), bosbessies (sulfer), vars vrugte (koolstof)

Jy smag na … souterige kos

WAT JY NODIG HET: Chloried, silikon

EET EERDER DÍT: Tamaties (chloried), seldery (chloried), kasjoeneute (silikon)

Jy smag na … koolhidrate

WAT JY NODIG HET: Stikstof

EET EERDER DÍT: Eiers, aspersies, mossels, sardientjies

Lees: Kosneigings vir 2017 soos deur kenners voorspel

Jy smag na … olierige kos

WAT JY NODIG HET: Kalsium

EET EERDER DÍT: Amandels, jogurt, krulkool

Jy smag na … koffie of tee

WAT JY NODIG HET: Fosfor, sulfer, yster

EET EERDER DÍT: Neute (fosfor), bosbessies (sulfer), kool (sulfer), spinasie (yster), peulgroente (yster) 

Jy smag na … gaskoeldrank

WAT JY NODIG HET: Kalsium

EET EERDER DÍT: Broccoli, vye, dadels

 

Wil jy ophou peusel tussen maaltye? Hierdie vier vullende kosse sal die hongerpyne in toom hou. En as jy al ooit motivering nodig gehad het om suiker op te sê, sal hierdie fantastiese gesondheids- en skoonheidsvoordele jou beslis oorreed. Probeer ook hierdie gesonder peuselhappies om enige kosdrang te demp.

FOTO: iStock/vadimguzhva

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 voordele van ’n suikervrye dieet

As jy al ooit motivering nodig gehad het om op te hou suiker eet, sal hierdie fantastiese voordele jou beslis...

Close