×
Skakel na Engels

Wat is hialuroonsuur en waarom moet jy dit gebruik?

Tyd om jou vel behoorlik te bevog!
hialuroonsuur

Dis te verstane dat die woord “suur” sommige mense senuweeagtig sal maak. Skerp chemikalieë kan immers tot ’n potensiële gesigsmeltende ervaring lei … Nee, dankie! Nuwe velsorgterminologie klink dalk skrikwekkend en verwarrend, maar verstaan jy dit, kan jy produkte kies wat spesifiek op jou behoeftes gerig is. Hialuroonsuur is een van daardie terme en dit hou tonne voordele in vir jou vel. 

Wat is dit?

Hialuroonsuur kom natuurlik in die liggaam voor en staan ook as die “vog-molekule” bekend. Die rede daarvoor is die suur se vermoë om tot duisend keer sy gewig in water te absorbeer. Dit beteken dat dit water in die boonste lae van die vel opsluit, wat die vel plomp en glad laat lyk, en gehidreer laat voel. Namate ons ouer word, produseer ons liggaam ongelukkig aansienlik minder hiervan en moet ons maniere kry om dit aan te vul sodat ons vel bevogtig bly. Daarom dan dat dit so ’n gewilde bestanddeel in velsorgprodukte geword het.

Soortgelyk: 3 geheime vir ’n mooi vel

Aangesien die molekule so groot is, kan hy nie deur die vel geabsorbeer word nie. Maar dit maak nie saak nie – dit beteken dat dit langer op die vel bly en uitdroging voorkom. Benewens sy ongelooflike hidrasievermoë, het die suur ook anti-inflammatoriese eienskappe wat genesend en strelend op die vel inwerk, en fyn lyntjies en plooie vul. Met ander woorde, ons het die fontein van die jeug ontdek!

Wil jy dit by jou velsorgregime inkorporeer? Hier is ses produkte wat vir jou die weg na ’n gesonde, gehidreerde vel sal baan.

Lees ook: Jou gids tot velsorgbestanddele

Neutrogena Hydro Boost Water Gel

Sê hallo vir ’n vars vel! Hierdie nuwe reeks van Neutrogena doen sy naam gestand en verskaf vog wat heeldag in jou vel opgesluit bly.

Esse Serum

Hierdie serum word plaaslik vervaardig, wat beteken dat dit ideaal vir die Suid-Afrikaanse klimaat is. Koop plaaslik!

esse, organic, local, skincare, skin, hyaluronic acid, hydration

Esse Serum / R325

Eucerin Anti-Age Hyaluron-Filler-dagroom vir ’n droë vel

Hierdie dagroom is spesiaal vir ʼn droë vel geformuleer, en help om die vel plomp te maak en selfs die diepste plooie gladder te laat lyk.

 

SkinCeuticals H.A. Intensifier

Hierdie serum word deur skoonheidsfundi’s oor die wêreld heen vertrou en is ontwerp om die hialuroonsuurvlak in jou vel te verbeter.

Nivea Cellular Anti-Age Facial Night Cream

Hierdie nagroom is uiters voedend en verrig wondere vir ’n gedehidreerde, dowwe en moeë vel terwyl jy jou skoonheidslaap inkry.

DermaFix Hyaluronic Plus Natural Wrinkle Filler

Hierdie serum bederf jou vel met ’n voginspuiting en vul ook fyn lyntjies en plooie.

 

Photo: iStock/Ridofranz

LEES OOK:

Eet jou pad na ’n mooi vel

Hoekom jou elmboë droog raak en hoe om dit te keer

5 taboes wanneer jy bevogtiger aanwend

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 skoonheidsdilemmas tydens swangerskap en hoe om dit op te los

Swanger en mooi!

Close