×
Skakel na Engels

Wat is alfahidroksisure en hoe baat jou vel daarby?

Die ABC (of is dit nou die AHA) van ’n vlekkelose gelaat
alfahidroksisure

Wanneer dit by die bestanddele in ons velsorgprodukte kom, is die lys konstant besig om langer te word. Dit voel asof ons elke maand aan ’n nuwe een bekendgestel word wat na bewering die geheime sleutel tot ’n mooi vel hou.

Alfahidroksisure (AHA’s) verwys na ’n paar verskillende soorte, waarvan almal wonderlik kan wees mits dit reg gebruik word. Ons verduidelik wat AHA’s is en waarom jy dit by jou skoonheidsroetine moet insluit. 

Lees: Chemiese afskilferings 101

Wat is AHA’s?

AHA’s is sure wat sinteties geskep kan word en ook in natuurlike vorm in sommige kosse voorkom. Melksure word byvoorbeeld in melk aangetref terwyl ’n ander gewilde soort, glikolsuur, in suikerriet voorkom. Hierdie sure het ’n gewilde bestanddeel in velsorgprodukte geword aangesien dit effektief is sonder om jou vel te beskadig.

Baie van ons is gewoond aan afskilferende skropmiddels, maar dit kan mikroskeurtjies op die veloppervlak veroorsaak. AHA’s teiken egter die “gom” wat die dooie vel aan jou gesig laat klou en los dit op. Die resultaat: ’n Gladde, gesonde en gloeiende gelaat en dít sonder dat jy ’n growwe skropmiddel moes gebruik.

Lees: Wat is hialuroonsuur en waarom moet jy dit gebruik?

Maar watter AHA is geskik vir watter velprobleem?

Alhoewel AHA’s almal aan dieselfde kategorie behoort, bevat elkeen sekere eienskappe wat op spesifieke velprobleme gerig is. Hier is ’n uiteensetting van elkeen sodat jy weet watter suur die beste vir jou veltipe sal werk:

Glikolsuur is die gewildste AHA en is die ideale kandidaat om sonskade te herstel, pigmentasie te behandel en porieë te reinig. 

Melksuur is ’n groter molekule, wat beteken dat dit die veloppervlak nie so diep binnedring nie. Dit is ideaal vir dié van ons met ’n sensitiewe vel.

Sitroensuur, wat deur sitrusvrugte verkry word, is ’n kragtige antioksidant. Dit kan die suurvlakke in die vel help herstel en bevorder regenerasie. 

Amandelsuur, wat van die bitter amandel afkomstig is, se antibakteriële eienskappe maak dié AHA die ideale keuse vir mense met aknee. 

FOTO: iStock/PeopleImages

LEES OOK:

Eet jou pad na ’n mooi vel

Vermy hierdie 9 selfdoen-gesigbehandelings

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Groenkwartsrollers is die nuutste geheim vir ’n beter vel

Op jou merke, gereed, rol!

Close