×
Skakel na Engels

Wat hulle geëet het

In verlede week is die resultate van ’n studie uitgereik waarin LKHV- en HKLV-diëte vergelyk is. Wonder jy wat op die deelnemers se spyskaart was? Hier is dit. Deur Leah van Deventer

Die nasionale gesondheidsinstitute in die VSA het ’n jaar lange ondersoek oor laekoolhidraat- teenoor laevet-eetgewoontes gefinansier. Interessant genoeg was die resultate in die guns van die LKHV-eetplan. Hier is ’n uiteensetting van wat die deelnemers gedurende die ondersoek geëet het:

LKHV-GROEP

Dié groep het die Atkins-dieet losweg gevolg, wat oorwegend proteïen en vet insluit. Hoewel hulle meestal onversadigde vette geëet het (rofweg 27% het van vis, olyfolie, neute, ens. gekom), het 13% van hul daaglikse inname van versadigde vette (kaas, rooivleis, ens.) gekom – sowat dubbel die aanbevole daaglikse hoeveelheid (ADH) versadigde vet wat deur die Hart-en-beroertestigting van Suid-Afrika aanbeveel word – dus niks meer as 7% nie. Die totale hoeveelheid (versadigde en onversadigde) vet is dus verhoog tot meer as 40% van hul daaglikse kilojoules. Hulle is aangemoedig om groente te eet, en sommige bone en vars vrugte is toegelaat.

HKLV-GROEP

Dié groep het meer grane, ontbytgraan en stysel in hul dieet ingesluit, hoewel hulle ook aangemoedig is om groente te eet. Hul totale vettinname (versadig en onversadig) was minder as 30% van hul daaglikse kilojoules, in ooreenstemming met die Hart-en-beroertestigting van Suid-Afrika se ADH van 20% tot 30%.

FOTO: iStock/Peopleimages

LEES OOK:

Banting for Beginners

The Low-carb, High-fat Diet

5 Egg-free Banting Breakfasts

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Daar’s niks soos eiers nie

Gekook, gebak, geposjeer or roereiers – eiers is sowaar superkos

Close