×
Skakel na Engels

Wat herdenk ons op Vrouedag?

Die meeste van ons is maar te bly vir ’n vakansiedag, salig onbewus van die inspirerende gebeurtenis wat op 9 Augustus 1956 plaasgevind het

 

Vrouedag in Suid-Afrika bring hulde aan ons nasie se vroue wat die stryd teen die Apartheid-regering help voer het.

 

Hierdie openbare vakansiedag, wat sedert 1994 gevier word, herdenk ‘n optog in 1956 deur lede van die Federasie van Suid-Afrikaanse Vroue. Sowat 20 000 vroue het na die Uniegebou in Pretoria opgeruk om petisies met meer as 100 000 handtekeninge by die kantoor van die Eerste Minister, J.G. Strijdom, in te handig. Die vroue het 30 minute lank buite die gebou in stilte gestaan.

 

‘n Lied is gekomponeer om hierdie geskiedkundige geleentheid te gedenk, “Wathint’ Abafazi Wathint’ imbokodo!” (Noudat jy die vroue aangeraak het, het jy  ‘n rots getref). Sedertdien het die frase, “you strike a woman, you strike a rock” (slaan aan ‘n vrou en jy slaan ‘n rots) die moed en krag van vroue toenemend verteenwoordig.

 

Die opmars op 9 Augustus 1956, ‘n inspirerende vertoning van politieke mag, is ‘n herinnering aan beide die vroue wat Suid-Afrika help vorm het én die baanbreker-vroue wat vandag steeds die land na groter hoogtes lei.

 

Bronne: 

www.sahistory.org.za

www.capetownmagazine.com

 

V: Het jy geweet hoekom ons Vrouedag in SA vier?

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Maak gereed vir die langpad

As jou motor gerieflik ingerig is, kan die reis net so prettig (wel, amper) soos die bestemming wees

Close