×
Skakel na Engels

Wasgoed was sal nooit weer dieselfde wees nie!

Nou hoef wasgoed was jou nie hoofpyn te besorg nie
Defy-webvertorial

 

Die Defy DAW 378 Premium 8 kg-wasmasjien is hier om al jou wasgoedprobleme op te los. Hierdie wasmasjien het ’n program wat geskik is om alle vlekke te verwyder, hetsy vir jou fyn klere, gebreide wolstof- of katoenitems.

AquaFusion-tegnologie keer dat jou wasmiddel in die drein afspoel deur die wasbalie se uitlaatpyp te seël totdat die spoelsiklus klaar is. Dié tegnologie spaar 10% wasmiddel in elke was en bied doeltreffende reiniging, wat help om jou klere vir langer mooi te laat lyk. Aquawave-tegnologie boots die beweging van golwe na en keer dat jou klere so gou verslyt. 

Defy DAW378 washing machine

FOTO: Met vergunning van Defy

Hier is die vyf vlekverwyderingsprogramme van die Defy DAW 378 Premium 8 kg-wasmasjien. Dit reinig klere en help om dit splinternuut te laat lyk.

1. Xpress Super Short-program

Sukkel jy om in jou besige week tyd te kry om selfs die kleinste bondel wasgoed te was? Die Xpress Super Short-program is hierdie masjien se veergewig-vlekbestryder en is ideaal vir klein bondels wasgoed wanneer jy min tyd het. Hierdie program is geskik vir wasgoed wat nie baie vuil is nie en was tot 2 kg by 0 tot 30 ºC in net 14 minute. Jou wasgoed sal dus in ’n japtrap skoon wees!

2. Daily Express-program

Die Daily Express-program is die middelgewig-vlekbestryder en is die ideale program om ’n bondel wasgoed voor of ná werk te was. Een bondel neem minder as 30 minute.

3. Aqua 40 40-program

As jy ’n tiener in die huis het, is vuil klere waarskynlik vir jou niks vreemd nie. Die Aqua 40 40-program is ’n swaargewig-vlekbestryder en was jou wasgoed by 40 ºC vir 40 minute.

4. Katoensiklus

Moenie bekommerd wees as jy kerrie op ’n wit hemp gemors het nie! Die katoensiklus het ’n langer weektyd en hoër temperature wat dit die superswaargewig-vlekbestryder maak en selfs die ergste vlekke verwyder. 

5. Baby Protect-hipoallergeenprogram

Hou jou baba se klere skoon en sag met die Baby Protect-hipoallergeenprogram. Dié program speel maklik met hardnekkige vlekke klaar, maar sal steeds sagkens met jou baba se klere werk.

Besoek www.defy.co.za vir nog inligting oor Defy se wasmasjiene en ander produkte. Volg @DefySouthAfrica op Facebook en  @Defy_SA op  Twitter

HOOFFOTO: iStock/andresr

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Getoetste Produkte: Yskaste

Dit is dus die moeite werd om behoorlik huiswerk te doen oor watter een in jou gesin se behoeftes sal...

Close