×
Skakel na Engels

Wanneer het jy ’n mammogram nodig?

Groot gesondheidsorganisasies stem nie saam oor die beste ouderdom waarop jy roetine-mammogramme moet begin kry nie (40? 50?). Hoe moet jy dus besluit?

 

 

Om mee te begin: Al die groepe ondersteun gereelde toetsing in jou 40’s as jy ’n hoë risiko vir borskanker het. Nou belig ’n nuwe hersiening van 66 ondersoeke deur die Oregon Health & Science University in die VSA twee deurslaggewende faktore wat die risiko by ’n vrou van 40-plus laat verdubbel (bespreek dit met jou dokter):

1. Geskiedenis in jou naaste familie

’n Eersterangse familielid (vrou of man) wat borskanker gehad het.

 

2. Uiters digte borsweefsel

Dit sou by ’n vorige mammogram al opgemerk gewees het.

 

Ander faktore

 

’n Vorige goedaardige borsbiopsie, ’n meer veraf familielid met borskanker en gemiddeld digte borsweefsel is as ’n intermediêre risiko aangeslaan; om die Pil te gebruik, nooit kinders te gehad het nie en eers op die ouderdom van 30 of later geboorte te gegee het, is geïdentifiseer as mindere faktore wat die risiko verhoog. “Dit help jou fokus op die risiko’s wat ’n groot impak het,” sê die studieleier, dr. Heidi Nelson.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kry ’n gesonde hart in 21 dae

164 inwoners van Villiersdorp het aan die 21 dae lange Flora Pro-acti-uitdaging deelgeneem – die resultate is ongelooflik

Close